Skip to main content

logo new

Surnames A to C

BLANKENBERG Johannes

Johannes BLANKENBERG kom by die Kaap aan as "n soldaat in 1700. Hy was die seun van Joachim Blankenberg en Maria Litszmann. Hy trou in Kaapstad op die 3 Januarie 1706 met Catharina BAUMANN, dogter van Heinrich Bauman en Gertrud Witt.

Hy was "n soldaat in 1701, in 1703 word hy "n korporaal en vanaf 1705 tot 1708 was hy "n siektrooster. Hy het ook gedien op die Burgerraad en Weeskamer. Valentijn op besoek aan die Kaap maak melding van "een deftig maal, waarby een zeer fraey muzycq van stemmen en instrumenten gevoegd werd, by"t welke eenen Blankenberg zeer fraey zong". Blankenberg het die slaaf Christiaan van Trankebar besit, en het hom later vrygestel.

KINDERS
b1 Geertruy Christina X Jan Zacharias Beck
b2 Johannes Hendricus X 18 Jul 1734 Anna Margaretha van der Heyden, wed van Johannes Meyboom
b3 Maria Magdalena X Jan C de Wet
b4 Johanna gedoop 19 Maart 1713
b5 Jacobus gedoop 21 Oktober 1714 X 9 Maart 1738 Cornelia de Kock, wed van Floris Meyboom
b6 Hendrik Emanuel gedoop 10 Mei 1716, X 6 Sep 1739 Johanna la Febre
b7 Rudolf Frederik
b8 Anna Catharina, X Alexandra de Kock, XX Heinrich Fehrsen

Hy sterwe in 1737.

Bronne:
Heese en Lombard
J Hoge, Personalia of Germans at the Cape
Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap die wêreld van "n slavin 1652 -1730

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

  • Hits: 11117

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy