Skip to main content

logo new

Surnames R to U

STRYDOM Joost

Joost STRYDOM (Strijdom) arriveer aan die Kaap op die Tidore in 1678, as adelborst, vanaf Liefkenshoek, Nederland. Hy het ontslag ontvang van die VOC op 11 Mei 1683. Hy was "n skoenmaker, getroud met MARYNA RAS, =23.6.1669 (Kaapstad), dogter van Hans Ras, van Angeln, en Catharina Ustinx, die histories bekende Trijn Ras, uit Denemarke. Op 11 November 1714 tree hy weer in die huwelik met Susanna GROEN, weduwee van Jacobus Steen, van Delft. Joost se afkoms is onbekend, en deur sy assosiasie met die Nederlandse bevolking aan die Kaap (deur byvoorbeeld getuie te wees by die doop van "n kind van die Steyn stamvader) word hy beskou as van Nederlandse afkoms. Die van (en variante) word egter nie in 17e en 18e eeuse Nederland, Vlaandere, Duitsland, of Frankryk aangetref nie. Verwante name uit Poland (soos Strydomiu) dui op "n moontlike Poolse oorsprong, soos byvoorbeeld as vlugteling uit die 17e eeuse anti-Joodse pogromme in Poland.
[Aankomsinligting verskaf deur Lesley Robertson, vanaf "n lys van burgerlikes in diens van die VOC aan die Kaap in 1717/18 (VOC argiefnommer 12605)]

KINDERS:
b1 Catharina gedoop 2 Maart 1687
b2 Joris gedoop 16 Mei 1688
b3 Matthys gedoop 4 Junie 1690, X 14 Junie 1711 Elizabeth Nortie
b4 Johannes gedoop 2 November 1692, X 4 Feb 1720 Judith Schreuder
b5 Simon gedoop 20 Maart 1695

Bronne:

Daniel Stydom se Strydom webblad

Saamgestel deur:
Daniel Strydom strydom@inetnebr.com


Additional data:

Death of the spouse of b4 Johannes; 27 Jul 1760 (entry no 23)
https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSVH-99F6-Y?i=16&cat=25423

 

 

  • Hits: 13975

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy