Skip to main content

logo new

Surnames K to M

KRUGEL Matthys

Matthys (Matthias) KRUGER / KRUGEL was van Nürnberg sy moeder se naam was Margaretha Skakkerneut. Hy het indie Kaap geland 1703. Hy het eers gewerk vir Blesius die fiskaal. Op 30 Mei 1707 koop hy die plaas Stellengift in Simonsvlei, Drakenstein van Blesius. "n Hele klom kere dien hy tussen 1713 en 129 as heemraad. Hy dien ook as die kaptein van die Drakenstein se burgher infanterie.

Hy het ook die plaas De Lange Vallei 14 Februarie 1714 in Drakenstein as eiendomsreg gekry (tussen Paarl Diamant en Schinderkuyl).

Hy het "n broer gehad met die naam Andries Krugel.

Hy is ook een wat "n petisie teken in 1721, wat kla oor die slawe en Hottentote wat tussen hulle kinders kry. Hulle versoek toe ook dat die kinders ingeboek moet word met die eienaars van die slawe omdat hulle tog vir die kinders se opbrings sorg. Krugel is oorlede 9 Januarie 1731.

Sy eerste vrou was Elisabeth van STADEN. Sy was die sewende kind van Maarten van Staden wat die plaas Bloemendal besit het. Sy is oorlede Maart 1714.

Hy trou toe op Stellenbosch 18 November 1717 met Margaretha COETSEE, vierde kind van die stamvader Dirk Coetsee wat op Coetsenburg, Stellenbosch gewoon het. Hulle het drie kinders gehad van hulle was gebore voor die troudatum. Sy is oorlede 6 Maart 1731

Ses KINDERS
b1 Margaretha gedoop 2 Oktober 1707, X 1730 Maurituis Gottlieb Duymeling, XX 1741 van Wielligh
b2 Christina gedoop 14 Julie 1709, jonk dood
b3 Johannes 23 Oktober 1712, jonk dood
b4 Johannes gedoop Drakenstein 21 Julie 1715, X 22 Januarie 1747 Helena Catharina Beck, XX 25 Julie 1762 Maria Claudina Jordaan
b5 Sara gedoop Drakenstein 24 Januarie 1717, X Nicolaas Brommert
b6 Dirk gedoop Drakenstein 27 Maart 1718, jonk dood

Verwysings:
Margaret Cairns "Matthys Krugel", Familia XIV, 1977 no 1
JA Heese "Verlore Trouboek van die Gemeente Drakenstein , Paarl" Familia XIV 1977 no 4
Lombard en Heese

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

 

  • Hits: 10204

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy