Skip to main content

logo new

Surnames K to M

KOK Johannes Jacobus

Stamvader Johannes Jacobus KOK (oorspronklik KOCK).
Hy is afkomstig van Sachsenhausen in Waldeck (geleë in die teenswoordige staat Hesse in Duitsland). In 1733 arriveer hy as soldaat in diens van die VOC in die Kaap. In 1737 word hy vryburger. Op 8 Oktober 1747 trou hy met Johanna VAN ROOYEN, gedoop op 13 Julie 1727. Sy was die vierde dogter van stamvader Cornelis VAN ROOYEN en Jacomijntje Gerritz VAN DEVENTER. Hy is in Maart 1786 op Swellendam oorlede.

Hulle het 7 kinders (4 seuns en 3 dogters) gehad:
b1 Johannes Hendrikus ˜ 10 Sept 1748 x 4 Des 1774 Jacomina SNYMAN xx Martha TERBLANCHE
b2 Cornelis ˜ 19 Apr 1750 x 6 Nov 1774 Catharina Regina DE JAGER xx 24 Apr 1785 Aletta Jacoba HEYNS
b3 Jacomina ˜ 8 Apr 1752 x Hermanus COMBRINCK xx August Ludwig BRUHL
b4 Maria Adriana ˜ 8 Des 1754 † 3 Febr 1785 x Johannes Jacobus MOSTERT
b5 Maria ˜ 22 Apr 1759
b6 Johannes Jacobus ˜ 17 Okt 1762
b7 Christiaan ˜ 8 Febr 1767 x 13 Mei 1787 Sara Johanna SCHEEPERS


Bronne:
Heese & Lombard, SAG 4 (J-K)
Hoge, Personalia of the Germans at the Cape


Nagevors en saamgestel deur:
Gert Kok
met die hulp van Andrew Kok, Didi du Plessis en Jean le Roux

 gertkok@gmail.com

 

  • Hits: 11741

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy