Skip to main content

logo new

Surnames K to M

KOK Johan Hendrik Christoffel

Stamvader Johan Hendrik Christoffel KOK (oorspronklik Johann Henrich Christoph KOCH).
Hy is afkomstig van die Waldeck, in die teenswoordige staat Hesse, Duitsland waar hy in 1720 gebore is. Hy arriveer op 15 Junie 1745 as soldaat in diens van die VOC aan boord van die "Weltevreden" in die Kaap. Hy werk vir ongeveer twee jaar as boerkneg by J.C. de Weth voordat hy in 1747 'n vryburger te Swellendam word.

Op 27 Mei 1751 trou hy op Tulbagh met die weduwee Petronella VAN EEDEN. Sy was voorheen getroud (te Drakenstein op 5 Febr 1742) met stamvader Matthias CALITZ, by wie sy 5 kinders gehad het. Petronella is op 27 Junie 1725 op Stellenbosch gedoop as die tweede kind van Frederik VAN EEDEN en Hendrina STEVENSZ.

Hulle het 4 seuns en 3 dogters gehad:
b1 Johan Hendrik ˜ 23 Apr 1753
b2 Jacobus Christiaan ˜ 6 Okt 1754 † 7 Febr 1841 x 21 Jul 1782 Maria Elizabeth VAN DE VYVER
b3 Johan Andries ˜ 21 Nov 1756
b4 Anna Catharina ˜ 15 Apr 1759 x 20 Aug 1788 Balthazar Herkules GERST
b5 Johan Godfried ˜ 30 Nov 1760 x 11 Des 1785 Maria Elizabeth HAUMAN
b6 Maria Elizabeth ˜22 Febr 1764 x 25 Apr 1784 Marthinus OOSTHUIZEN
b7 Petronella Hermina ˜ 22 Mrt 1767 x 2 Mei 1787 Pieter Cornelis OOSTHUIZEN

Bronne:
Heese & Lombard, SAG 4 (J-K)
Hoge, Personalia of the Germans at the Cape


Nagevors en saamgestel deur:
Gert Kok
met die hulp van Andrew Kok, Didi du Plessis en Jean le Roux

 gertkok@gmail.com

 

 

  • Hits: 12194

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy