Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

VAN DAM Abraham Pietersz

Abraham Pietersz van DAM was ook bekend as Abraham van Dirkslant. Sy vrou was Catharina SMIT. van Dam het gesterwe in Augustus 1715. van Dam het voorkinders gehad met Christina MATTHYS (sy was die buite egtelike kind van Elizabeth van Wyk), hierdie seun was gedoop nadat hy met Smit getrou het. Vir meer inligting oor Christina Matthys kyk ook onder Caspar Heinrich Badenhorst en van Wielligh. Hulle het twee kinders gehad:
Josina wat met Johan Jacob Stokvliet op 7 April 1715 getrou het
Adriana van Dirksland, sy was 14 jaar oud toe haar vader gesterwe het, X 3 Mei 1722 Nikolaas van Wielligh

In 1707 het Abraham Pietersz van Dam, sy vrou Catharina Smit vir egskeiding gedagvaar omdat sy owerspel gepleeg het met Arij Jansz van den Broek.

Verwysings:
M Cairns "van Dam and Stokvliet" Familia
GC de Wet Die Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting 1657-1707

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

 

  • Hits: 9338

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy