Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

VAN DE WALL Gilles

Gilles van de WALL *14 Okt 1828 te Arnhem, Nederland, +2 Jan 1896 Paarl. Hy tree in Nederland met Geertruida BROEKHUIZEN *1825 Veenendal, Nederland +1 Jun 1892 Kroonstad in die huwelik – haar ouers was Ruth van BROEKHUIZEN en Hendrika BEYER. Gilles en Geertruida vergesel sy ouers, Hendrik van de WALL *ca 1785 Nederland (meulenaar in 1860) X Jansje Hendrika MOOI *ca 1796, vóór 1850, na die VSA. Hy bestudeer die teologie aan die Nederduits Gereformeerde Kerk se kweekskool in New Jersey, VSA, en begin sy loopbaan as leraar in Julie 1856 in dieselfde Staat.

Ds Gilles van de WALL was op besoek in Nederland in 1860 toe hy, asook sy swaer Ds H van BROEKHUIZEN, deur Dr William ROBERTSON gewerf is om as leeraar na die Kaap te keer. (Dr/Ds Robertson was ‘n Skot wat in Julie1822 saam met Dr Andrew MURRAY aan die Kaap geland het). Ds Gilles van de Wall dien as prediker in die N.G. Moederkerk, Bloemfontein waar hy in 1862 bevestig is, vervolgens in 1870 in die Paarl en vanaf 1874 in Kaapstad. Gedurende 1880 tot 1883 dien hy as moderator van die Sinode van die N. G. Kerk. Hy tree in Februarie 1895 af.

Ds Gilles van de WALL en Geertruida BROEKHUIZEN was die ouers van sewe kinders.

b1. Johanna Hendrika (Henriette) *1850 Michigan, VSA, +7 Feb 1908 Kaapstad, X Nicoli James David GORDON *1849, +20 Aug 1887, tandarts, seun van Adolph GORDON x Anna Pauline GARZONI.

  1. Gilles van de Wall *1879 Paarl, +25 Nov 1931 The Willows, Ladybrand, X Ficksburg, Florence Emily CONNOCK *1880, +6 Sep 1928, dogter van Joseph George CONNOCK en Sarah Elizabeth TAVENER.
  2. Anna Paulina Garzoni x Andreas Brink HOFMEYER.
  3. Nicoli James *1894, +28 Feb 1930 Fort Beaufort.
  4. Gertruida Maria Deborah.

b2. Rutgert Henry  *1852 Kalamazoo, Michigan, VSA, +3 Jan 1912 Johannesburg, X 7 Des 1876 te Veenendal, Nederland met Geertruida Francina MARTINIUS *4 Des 1854 Veenendal (geskei vóór 1901, dogter van Gilles Geertrudus Oosterbaan MARTINIUS en Grietje HOOLBOOM). Ds Rutgert Henry van de WALL was Senekal se eerste leraar vanaf 1882 tot 1896. Van 1877 tot 1881 was hy ook Ficksburg se eerste NG leraar. Hy het die bediening in 1896 neergelê.

  1. Gilles Gertrudus *11 Sep 1877 Ficksburg, +20 Mei 1901 Bethlehem OVS, ongetroud. O.R.C. Polisie.
  2. John Garretson *1883, +6 Jan 1945, ongehuud. Prokureursklerk.
  3. Dirk Vos *1885 Senekal, +24 Okt 1960 Bloemfontein, prokureur. Trou Philippolis, Cecilia Jacoba PIJPER *26 Mei 1896, dogter van Kommandant Johannes Hermanus PIJPER *1869 en Elsie Carolina LIEBENBERG *29 Des 1874.
  4. Gertruida Margaretha *ca1879 Ficksburg, +26 Jun 1965 Odendaalsrust, X Gilbert David MORGAN, verbonde aan die Doeanekantoor, Kimberley; hy word in Sep 1927 tot die Valkenberg Sielsieke-hospitaal, Observatory toegelaat.
  5. Herman Sextus *Senekal OVS, +20 Okt 1918 Pretoria.
  6. Johanna Hendrika *1889 Senekal, +31 Okt 1918 Kroonstad, X Jan Hendrik WIUM +22 Okt 1918, seun van Wouter Eduard WIUM x Cornelia Sophia HOFFMAN.
  7. Marius *15 Jan 1891, +12 Sep 1967 Bloemfontein X Anna Susanna MEYER *1897.

b2. Rutgert Henry  trou 27 Jul 1901 Paarl, met Anna Margaretha Stoffelina VISAGIE, weduwee TRUTER.           

b3. John Garretson *1855 New Jersey, VSA, +10 Aug 1894 Bloemfontein X 21 Mar 1893 Wesliaanse Kerk, Beaufort Wes, Frances Martha ROSE *1870. Hy was ‘n regsadvokaat.

  1. Joan Rose *7 Mar 1894 X 20 Jan 1914 Wynberg, Jozua Francois MALHERBE *1881.

b4. Maria *ca1857. Sy verskyn in die 1860 Michigan sensus as ‘n 3-jarige kind. Sy is moontlik jonk oorlede.

b5. Hendrika Beyer *1861 Michigan, VSA, +21 Okt 1918 Pretoria X 7 Apr 1885 Paarl Servaas de KOCK *1858, landmeter.

  1. Daniel Johannes.
  2. Gilles de Wall.
  3. Servaas Hendrik.

b6. Gertruida *ca1861, +4 Nov 1943 Kroonstad, X Pieter de Villiers MOLL *2 Jul 1856, +26 Des 1944 Kroonstad, seun van Pieter de Villiers MOLL en Martha Elizabeth du PLESSIS.     

  1. Gertruida van de Wall.
  2. Martha Elizabeth du Plessis.
  3. Marie Jeanette.
  4. Pieter de Villiers.
  5. Gilles Steyn de Wet.L

b7. Gilles .*1865, +16 Aug 1945 Pooles Bay, Hermanus, mediese dokter, X 12 Des 1919 Hermanus, Maria BENNIE *28 Des 1874, +26 Jun 1966 Middelburg, Kaapprovinsie. Sy was die dogter van Thomas BENNIE en Maria Elizabeth ENSLIN.

Algemene bronne: NAAIRS, Familysearch, Ancestry.com, eGGSA Gravestones in South Africa, Opeargief Nederland, Michigan VSA sensus, S.A. Nederduits Gereformeerde Gemeentes wikipedia, Cape Almanac.

Met spesifieke erkenning van ‘n artikel deur Geoff Gladwin -https://www.wikitree.com/wiki/Van_der_Wall-7

Saamgestel deur Johannes Bosch, Virginia, VSA
                   VD WALL          VD WALL 7 4

https://af.wikipedia.org/wiki/Gilles_van_de_Wall
https://www.wikitree.com/photo.php/c/c0/Van_der_Wall-7-4.jpg

  • Hits: 826

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy