Skip to main content

logo new

Surnames H to J

JOOSTE Franz

Franz JOOSTE Hy ariveer by die Kaap 1693 as 'n soldaat van Lippstadt, Duitsland. Hy was 'n veewagter 1693 -1696. In 1696 word hy 'n boerekneg. Hy word 'n burgher in 1697. Hy trou in 1706 met Maria MOUTON. Sy was gebore c 1690 in Middelburg, Zeeland, die vyfde kind van Jacques Mouton en Maria de Villiers. Maria de Villiers het gesterwe en Jacques trou 8 Oktober 1700 met Francina Bevernagie. Maria Mouton het dus haar tuisland verloor, asook haar moeder. 'n Mens wonder watter verhouding sy met haar familie gehad het, want sy het later 'n bose daad gepleeg.

Hy kry toestemming in 1706 om die plaas Bartolomeusklip in Agter-Groenveld aan te lê. Maar hy kry die erfbrief eers 28 Augustus 1714, agt maande na sy dood. Hulle het ook 'n plaas gehad in die vier-en-twintig riviere.

KINDERS:
b1 Jacob gedoop 9 Maart 1710, X 11 Okt 1739 Magdalena Raats
b2 Francois gedoop 2 Nov 1712, hy was ongetroud.

Volgens Maria het Jooste haar sleg behandel, sy het geen nuwe klere gekry vam hom gekry nie. Jooste is vermoor op 3 Januarie 1714 deur sy vrou Maria Mouton en twee slawe, Titus van Bengale en Fortuin van Angola. Maria het vir drie jare 'n seksuele verhouding met die slaaf Titus gehad, voordat haar man vermoor was. Die lyk van Jooste was in 'n ystervarkgat gestop. Die twee slawe se vonnise was dat 'n stok op hulle agterend op gedruk was en dan so op die paal sit. Nadat hulle gesterwe het was hulle in stukke gesny, as 'n waarskuwing vir andere. Maria was aan 'n paal vas gemaak en verwurg.

Bronne:
JG le Roux en WG le Roux Agter-Groenberg Ons Drakensteinse Erfgronde

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

The Quest to Connect with Europe

According to Erika Jooste ejooste@swcenter.edu she went to the Lipstadt archives in 1980 and could not find any information on Franz Jooste, she also looked at Jost / Joosten and other varieties of Jooste


 

 

  • Hits: 14024

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy