Skip to main content

logo new

Surnames A to C

CLAASEN Johannes

Johannes CLAASEN (CLAASZ) was gedoop Kaapstad 5 September 1695 en was die seun van Claas van Malabar. Claas van Malabar was getroud met Helena van Timor op 15 Junie 1721.

Hy trou in Kaapstad 2 Desember 1725 met Johanna DE RYK sy was die dogter van Constantia van Bengale. Johanna was gedoop in April 1712, en haar vader word gegee as Arent van Macassar. Die getuienis by die doop was Ernst van Graan en sy vrou Rebecca Moses

KINDERS
b1 Johannes Claas gedoop Paarl 12 Januarie 1724, hy het twee kinders met Elizabeth Jacobsz gehad, X 21 Mei 1751 Cornelia van Wyk

Johannes CLAASEN sterwe c 1727. Toe trou Johanna die tweede keer met Leendert Barendse van Saxen van die Kaap. Sy het twee kinders by hierdie huwelik gehad. Kyk ook onder Barendse se inskrywing. Sy sterwe 1755.


Bronne:
Heese en Lombard
Elmien Ballot "Die Faber Stamouers" Familia 2002, no 1
UPHAM, Mansell, "Claas van Malabar" in CLAASSEN, Nicolaas & CLAASSEN, Gert Hendrik, Die Claas(s)en afstammelinge in Suid-Afrika, Centurion, Outeurs, 2001

Saamgestel deur:


  • Hits: 12012

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy