Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

WURTH Heinrich

WURTH, Heinrich 
gebore 22 Februarie 1850, Feldkirchen, München, Duitsland;
gedoop 3 Maart 1850, Feldkirchen, München, Duitsland;
oorlede 24 Augustus 1937, Vastfontein, Pretoria;
begrawe Rebeccastraat-begraafplaas, Pretoria

Sy ouers was Jakob WURTH (1814-1892) en Katharina LEHRER (1823-1892).

Heinrich WURTH het in Desember 1882 as Hermannsburgse sendeling, onderwyser en landbouer aan boord van die stoomskip, German, in Durban arriveer. Hy was toe reeds aangewys as Hoof van die Morgensonne skool vir sendelingkinders naby die Saron sendingstasie, noordwes van Rustenburg. Sommige van President Paul Kruger se kinders, sowel as Totius (die befaamde Afrikaner skrywer en teoloog) het o.a. hier saam met die Duitse sendelingkinders skoolgegaan.

Heinrich trou op 25 Mei 1885 op die sendingstasie Saron, Rustenburg met Dorothea Johanna KUNZE (11 November 1855, Berssel, Sachse-Anhalt, Duitsland – 30 Oktober 1936, Pretoria), dogter van Heinrich Christian KUNZE (1822-1891) en Johanna Dorothee Margarethe HUCH (1821-1891) van Berssel naby Wernigerode, Harz-gebergte, Duitsland. Dorothea se ouers emigreer in 1886 na Suid-Afrika om by hul dogter en skoonseun aan te sluit, en sterf beide in 1891 hier.

Heinrich was van 1882 tot 1887 aan die Morgensonne skool verbonde, het die diens van die Hermannsburgse sending verlaat, maar was weer vir ‘n periode van 1892 tot 1895 as sendeling en onderwyser aan die sendingstasie Berseba (noordwes van Brits) verbonde. Daarna het hy as groente- en vrugteboer met sy gesin op Vastfontein, noord van Pretoria gewoon.

Heinrich en Dorothea WURTH het vier kinders gehad:

b1 Theodor Ernst Heinrich (17 Maart 1886, Morgensonne, Rustenburg – 4 Februarie 1943, Potgietersrus)
x Emilie Elizabeth KAHL (1 November 1890, Pretoria - 21 Maart 1951, Rustenburg)

b2 Katharina Dorothea Johanne Frederike (1 Januarie 1889, Kafferskraal, Rustenburg – 6 Maart 1959, Pretoria)
x Johann Wilhelm Albert VON SCHLICHTING (20 Oktober 1872, Liesergar, Schlesien, Duitsland – 22 Januarie 1945, Pretoria)

b3 Sophie Marie Regine (5 Oktober 1890, Kafferskraal, Rustenburg – 9 Julie 1978, Johannesburg)
x Johann Wilhelm BELLSTEDT (c. 7 Oktober 1885, Meinefeld, Sachse, Duitsland – 28 September 1919, ZA Hospitaal, Pretoria). Hy was ‘n neef van JWA von Schlichting hierbo.
xx Robert Karl Heinrich AHLERS (18 Desember 1896, Hamburg, Duitsland – 2 Augustus 1988, Johannesburg)
b4 Otto (1892, sendingstasie Berseba, Brits - 1896)

Heinrich Wurth se grootouers aan vaderskant was neef en niggie (‘n buite-egtelike verhouding), beide afstammelinge van die Duitse ‘Hochadel’, wat daartoe gelei het dat Heinrich ‘n veelvuldige afstammeling is van meeste Europese koningshuise, maar o.a. van die Engelse, Franse en Duitse (‘Heilige Romeinse Ryk’) konings, van die tydperk voor 1360.

Nagevors en saamgestel deur:

Johann Ahlers, Pretoria

  • Hits: 8097

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy