Skip to main content

logo new

Surnames R to U

RÖSCHER, Johan Georg

RÖSCHER, Johan Georg

(Ook bekend as Röscherr, Richard, Roscher, Roshher)

Johan Georg se sterftekennis in die Kaapkolonie, gedateer 12 Julie 1834 en onderteken deur sy seun met dieselfde naam, meld dat hy in Duitsland gebore is en dat hy 68 jaar oud was.  Sy ouers was Johan Adam Röscher en Johanna Helena Scheffel.  Beide Johan Georg en sy vader was van Saxe-Gotha afkomstig.  Sy beroep was kleremaker.

As soldaat by de Groene Kloof in 1789, was hy ‘tamboer’ van die ‘pennestennen-corps’.  Johan Georg Röshher (sic) se naam kom voor in die 1814 Opgaafrol van die Veldkornetskap Zwartkops Rivier, Drostdyampt Uitenhage, getroud met Louisa Josina Brüner (sic); waar ses seuns onder die ouderdom van 16 jaar asook vier dogters genoem word.  Geen roerende eiendom word vermeld nie.

Op 13 Oktober 1793 tree Johan Georg Röscher met Josina Louisa Bron in die huwelik (sy het ook as Browne, Braun en Brüner bekendgestaan). Hul oudste kind Carolina Regina, is in 1794 in die Lutherse-kerk in Uitenhage gedoop.  Volgens Josina Louisa se sterftekennis was sy die dogter van Georg Johan Brown en Elizabeth Emmers.

Uit hierdie huwelik spruit die volgende kinders: (almal in die Lutherse kerk gedoop)

Carolina Regina ~14 Sep 1794, Uitenhage X 1821 Lucas Henegan

Catharina Philippina ~24 Nov 1795, Kaapstad X 1815 Daniel Godfried Hartman

Johan Georg ~27 Oct 1799, Kaapstad X 1825 Hester Adriana Terblanche

Georg Johan ~27 Oct 1799, Kaapstad X 1828 Uitenhage, Jacomina Aletta Frederica Johanna VOGEL *Distr. Uitenhage ~1814 

Johan Fredrik (tweeling) ~21 Feb 1802, Stellenbosch 

Johan Philip (tweeling) ~21 Feb 1802, Stellenbosch X 1830 Aletta Gertruida Deetleffs

Catharina Elisabeth ~19 Feb 1804, Kaapstad 

Anna Helena ~13 Okt 1805, Stellenbosch X 1823 Johannes Adriaan Neser

Johan Hendrik  ~3 Apr 1808, Stellenbosch X 1833 Uitenhage, Jacoba Susanna Philippina Lodewica VOGEL *Uitenhage ca. 1811

Barbara Louisa ~8 Okt 1809, Kaapstad X 1833 Mynderdt Jacob van Eyck

Hendrietha Elisabeth  ~19 Aug 1810, Stellenbosch X Petrus Johannes Terreblanche

Cornelis Andreas ~20 Sep 1812, Stellenbosch

Elisabeth Cornelia ~1 Feb 1818, Uitenhage X Carel Ignatius Krog

Helena Johanna ~27 Okt 1822, Uitenhage  X Charles Smith

(Die broers Georg Johan en Johan Hendrik is met VOGEL susters getroud).

Notas:  

P.W. Butler skryf o.a.: “In die totstandkoming van Ventersdorp as regeringsdorp was daar veral een persoon wat ordening aan 'n onbeplande nedersetting verleen het: Adriaan [Frans Christiaan *20 Aug 1832, kleinseun van die stamvader] Röscher. Op eie inisiatief het Röscher, nadat hy hom permanent in Ventersdorp gevestig het in 1874, die regering in 1875 oorreed om 'n landmeter na die gebied te stuur om die opmeting van plase en erwe in die omgewing te hanteer.  Die leiding en inisiatiewe wat hy in hierdie verband geneem het, het spoedig bygedra tot sy aanstelling as vrederegter van Ventersdorp in 1875.  In Januarie 1877 word Röscher aangestel as veldkornet vir die wyk Schoonspruit, 'n posisie wat hy tot 1881 beklee.”

Catharina Philippina *26 Nov 1795 (X Daniel Godfried Hartman 29 Mei 1790) die dogter die Röscher-stamvader, was hierdie skrywer se 3de oor-grootmoeder.

Bronne:

  1. Dr. G. MARINCOWITZ, Familia, 2004, 41, 4: Die Familie ROSCHER / RÖSCHER / ROSCHERR / RÖSCHERR,
  2. MOOC, KAB 1834, 245 - Sterftekennis van Johan George Roscher
  3. MOOC, KAB 1859, 6199 - Sterftekennis van Luiza Josina Browne
  4. HOGE, dr. J., 1946. Personalia of the Germans at the Cape, 1652-1806. Kaapstad:

Argief-jaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis

  1. C.C. de VILLIERS, Geslacht-Register der Oude Kaapsche Familiën, Kaapstad 1893
  2. Opgaafrol van Veldkornetskap Zwartkops Rivier, Drostdyampt Uitenhage, 1814.
  3. P.W. BUTLER, Famnea 10, No. 3, ADRIAAN FRANS CHRISTIAAN RÖSCHER: DIE GRONDLEGGER VAN VENTERSDORP
  4. A.F.C. RÖSCHER, Wisconsin, VSA, Junie 2007 - Persoonlike korrespondensie
  5. ALIDA THERON, SA Genealogie, April 2007
  • Hits: 11095

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy