Skip to main content

logo new

Surnames H to J

HEYNS Paul

Paul HEYNS was gebore in Leipzig in 1655. Hy was in die diens van die Kompanie van 1679. Hy word "n sersant in in 1693, en later word hy "n burger. Hy trou die 23 September 1696 met Maria SCHALK. Sy was die buiteeglike kind van Willem Schalk van der Merwe en "n Kompanie slavin. Maria se moeder was "n slavin wat Simon van der Stel aan Willem Schalk van der Merwe geskenk het en sy was in 1686 vrygestel (Attestasie 1664 in C 326 pp 478-9, p 6 en 27).

Hy trou weer "n tweede maal 27 Februarie 1701 met Maria LOZEE VAN DE KAAP. Sy was die weduwee van Douwe Gerbrandt Steyn. Maria was "n vorige slavin.

KINDERS:
b1 Sara gebore 17 Des 1685, X Kaapstad 13 Jul Heinrich Oswald Eksteen
b2 Johannes gebore 5 Jun 1688, gedoop 25 Julie 1688, X Maria Colyn van de Kaap
b3 Anna gebore 17 Jul 1691, gedoop 23 September 1691, X 7 Feb 1712 Cornelia Doessen
b4 Hendrik gebore 5 September 1694, 26 Sep 1694, X 7 Feb 1723 Delia van der Storm
b5 Michiel Africanus gebore 26 Maart 1697, gedoop 7 April 1697, X 22 Sep 1720 Aletta Olivier
b6 Maria gebore 24 Feb 1700

Verdere inligting oor Maria Lozee (vna Lorna Newcombe):
Maria Lozee aan die Kaap gebore, was die slavin van Alexandrina Maxwell (Sandrina) wat as getroude vrou met haar man Luitenant Johannes Coon 12.7.1664 in die Kaap aangekom het op die skip Walcheren (Joernaal). Alexandrina Maxwell se tweede troue was op 29 Julie 1679 met Lodewijck Francois Bureau, jongman van Brussels. Beide die huwelike was kinderloos. Lodewijck het bedrog gepleeg en is gevonnis om verban te word, wat eers na Hendrik van Reede se besoek in 1685 uitgevoer is. Daar is geen geen aktes van vrystelling is nie.

Johannes Coon het op 1 Mei 1665 "n Kaapse slavin genaamd Marie (geen ouderdom) vir 70 Rds van die edele heer Zacharias Wagenaer, kommandeur gekoop.

Maria Losee het dikwels as getuie by dope opgetree vir ouers uit "n bree Kaapse sosiale spektrum. Omdat Alexandrina Maxwell geen kinders gehad het nie sou dit nie verbasend wees indien sy haar slawekinders soos haar eie groot gemaak het nie. Dis opvallend tot watter mate Maria deur haar samelewing aanvaar is. Dit is onmoontlik om te bespiegel wie die vader van haar seun Jacob was. Soms is na Alexandrina Maxwell verwys as Sandrina Jacobs. Dalk hetMaria miskien haar kind vernoem na haar eienaar se vader?


Bronne:
Hoge, Personalia of Germans at the Cape
Heese en Lombard
Genforum -Lorna Newcombe

Saamgestel deur: AM van Rensburg


  • Hits: 13881

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy