Skip to main content

logo new

Surnames D to G

DE BRUYN Theunis

Theunis DE BRUYN was van Vredenburg. Die familie kom ook voor onder DE BRUYN, DE BRUIN oorspronklik DE BRUEN. Hy arriveer voor 1691 van Vredenburg, Noord-Brabant, Nederland. Hy trou op Stellenbosch die 17 Mei 1711 met Justina CLEEF. Justina was gedoop op Paarl die 13 April 1697, haar ouers was Nicolaas Cleef en Barbara le Febre.

KINDERS
b1 Sybert gedoop Stellenbosch 20 Des 1711
b2 Nicolaas gedoop Stellenbosch 25 Jun 1713, X 9 Maart 1745 Sara Gous
b3 Maria gedoop Stellenbosch 21 Jul 1715, X 20 Nov 1729 Stephanus Stevenszen (Botma), XX 6 Sep 1733 Esajas Engelbert Meyer, XXX 28 Apr 1771 Ferdinandus Albregt Bierwaard
b4 Pieter gedoop Paarl 24 Okt 1717, X 21 Okt 1742 Margaretha de Villiers
b5 Hendrik gedoop Stellenbosch 21 Jul 1720, X 19 Maart 1752 Elisabeth Francina Bouwer, XX 18 Maart 1764 Anna Loots

PLASE
Die plaas Blomkool in Agter Paarl word die eindom van Theunis op 29 Nov 1694, die plaas het voorheen behoort aan Steven Vermey. Die plaas word deur Theunis verkoop aan Jan Brommert op die 23 Julie 1705. Theunis kry die plaas Vrymansfontein op 28 Julie 1701, dit was die plaas gewees van Barend Janse. Hierdie plaas word verkoop die 2 Julie 1705 aan Marthinus van Staden. Op 31 Julie 1706 koop hy die plaas Paarl Diamant, in Agter Paarl dit was die plaas Theunis van Schalkwyk. Hy verkoop die plaas 24 Julie 1709 aan Nicolaas Gockelius

Bronne:
Heese en Lombard
DF du T Malherbe, Stamregister van die Suid-Afrikaanse Volk 1966
JG le Roux en WG le Roux Agter Paarl, Ons Drakensteinse Erfgrond

Saamgestel deur:
AM van Rensburg


  • Hits: 12415

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy