Skip to main content

logo new

Surnames A to C

CAMPENAAR Cornelia

Cornelia CAMPENAAR (KAMPENAAR, KEMPENAAR) arriveer in 1676 aan die Kaap van Goeie Hoop as jongedogter vanaf Middelburg, Nederland.

Huwelik
Sy tree op 1676 Mei 17 in Kaapstad in die huwelik met Francois VILLION (Viljoen); uit die huwelik is ses kinders gebore, waarvan twee (Henning en Johannes Viljoen) die Viljoen stamnaam voortgeplant het.

Verdere Loopbaan
Verdere loopbaan: In 1682 ontvang die Viljoen egpaar die plaas Idasvallei buite Stellenbosch van goew Simon van der Stel as een van die eerste vryboere in die Stellenbosch distrik. Nog voor die grootskaalse emigrasie van die Hugenote na die Kaap van Goeie Hoop is Francois Villion in 1689 oorlede. Sy weduwee hertrou op 1690 April14 met Wemmer Pasman. Sy sowel as haar tweede eggenoot is in 1713 tydens die pokke-epidemie oorlede.

Bronne:
Viljoen Familieregister, HC Viljoen, RGN, Pretoria, 1978

Bydrae te danke aan:
hcv@adm.sun.ac.za

Webblad vir verdere inligting:http://www.viljoen.za.org/founding.htm

 

  • Hits: 12741

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy