Skip to main content

logo new

Surnames A to C

CRONJE Pierre


Pierre CRONIER, gebore 1671, was "n Franse Hugenoot (was Katoliek vorheen) wat met die Driebergen aangekom het in 1689. Hy was getroud in 1709 met Susanna TAILLEFERT sy was die weduwee van Jean Gardé, dogter van die vlugteling Isaac Taillefert en weduwee van Jean Garde. (Sy broer Estienne was "n landbouer en eienaar van Champagne en Olyfenhout in die Wamakersvallei. Hy is egter ongetroud oorlede in 1724.) Pierre was gevestig in 1699 te Versailles in die Wamakersvallei. Susanna trou daar na met die stamvader Jacob Naude. (Kyk onder hierdie stamvader vir meer inligting oor Susanna Taillefert)

In 1707/1708 (Coertsen gee die datum as 1708, en De Wet gee dit as 1703) het Pierre twee hottentot vroue doodgeskiet op sy plaas, omdat hulle onwettig op sy plaas was. Hy was verban vir 25 jare maar hulle het hom later begenadig. Hy is oorlede op 2 September 1718. Susanna is dood in 1724. Hy het 2 seuns en 4 dogters gehad.

1. Maria ~ 1 Jun 1710 x Jean du Buisson
2. Elisabeth ~ 8 Nov 1711 x F Joubert
3. Pierre ~ 24 Sep 1713, burger Drakenstein (van wie generaal Piet Cronje afstam), x 19 Mei 1741 Susanna Roy.
4. Anna ~ 27 Jan 1715 x Benjamin d"Ailly
5. Izak ~ 31 Mei 1716
6. Magdalena ~ 20 Feb 1718

Verwysings:
P Coertzen Die Hugenote van Suid-Afrika 1688-1988
GC de Wet Die Vryliede in Vryswartes in die Kaapse Nedersetting
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
JG le Roux en WG le Roux Ons Drakensteinse Erfgrond: Wellington-Blouvlei
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz

AM van Rensburg


  • Hits: 13910

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy