Skip to main content

logo new

Surnames A to C

COETZER Jacob

Jacob COETZER (KUTZER). Hy kom as soldaat op 7 Junie 1709 op die skip Noordbeek by die Kaap aan. Hy werk eers as boerskneg en kry in 1714 burgerskap. Hy trou op 15 September 1717 met Cornelia HELMS, die weduwee van Ary van Wyk. Uit hierdie huwelik is twee kinders gebore. Hy trou toe weer met Susanna SNYMAN in 1722.

KINDERS:
Johannes Jacobus 1716, X 15 Februarie 1739 Maria Botha, XX 27 November 1746 Johanna Nel
Dorothea 1717, X J van Deventer
Susanna Margaretha 1723, X 19 April 1744 JA Kuil
Maria Magdalena 1724, ongetroud oorlede
Maria ELizabeth 1727, X 8 Augustus 1754 S van Echten
Wensel Christoffel 1728, X 13 Februarie 1752 Elizabeth du Toit
Philippus Jacobus 1730, ongetroud oorlede
Jeremias 1732, X 17 April 1763 Susanna du Toit, XX Eleonora Loret
Jacobus Johannes 1734, ongetroud oorlede
Johanna Jacoba 1740, X FW Alleman, XX DC Haan van Vryburg

Hy was "n lid van die Burgerraad in Stellenbosch en Drakenstein. Van 5 Mei 1733 was hy kaptein van die Burgerdragonders by Stellenbosch en Drakenstein

Bronne:
NA Coetzee "Jacob Kutzer" Familia XIII, 1976 no 1

Thanks to research by:

Thanks to submission by:
AM van Rensburg

 


Bykomende data deur:

Dr. S.B. Rascher (Rassie)

Volgens materiaal in die argiewe van die huidige Czech Republic, (voorheen Boheme), was daar reeds gedurende die 1500's Kutzers teenwoordig in en rondom Reichstad (tans Zakupy)

Die vroegste wat ek kon opspoor is Jocuff Kutzer wat in 1557 'n huis en grond van Valten Kauldaus gekoop het.

Hieronder volg die kontrak. Onder andere ook interessant is die baie ou Duits met invloed uit Czechies, soos byvoorbeeld czu vir zu.

"Tausent fünffhundertt Und in siebenfünffzigisten, Jhare, den freytag nach Mathie, Ist kommen Jocuff Kutzer und Valten Kaldaus Vor gerichte und schepffen allhie czu der Reichstadt, und
haben vorlaut das ihm Jocuff Kutzer Valten Kauldaus abe kauffett hatt sein Haus und Hoff acker und Wysen wie es stehet und leidt,...."
Archiv Mesta Zakupy, Inv. c. 10

In 1559 vind ons Jocuff Kuczer as volg in Reichstadt: "Jocuff Kuczer die zeitt richter czur Reichstat"
Die laaste inskrywing oor Jocuff Kutzer as "richter" in Reichstadt is gedateer 1590 Archiv Mesta Zakupy, Inv. c. 10
Intussen vind mens egter ook verskeie ander Kutzers in die nabye omgewing van Reichstadt.

Byvoorbeeld:

1577 - Hans Kutzer van Hirschberg
1585 - Lorentz Kutzer van Götzdorf
1589 – Koopkontrak deur George Kutzer, Matz Kutzer en Hans Kutzer van Brenn
1613 – Koopkontrak deur George Kutzer in Goetzdorf
1633 – Koopkontrak deur Martin Kutzer van Brenn
1636 – Koopkintrak deur Christoff Kutzer en Jacob Kutzer in Brenn.
1654 – Koopkontrak deur Hanss Kutzer (senior)
1657 – Koopkontrak deur Hanss Kutzer (junior)

Archiv Mesta Zakupy, Inv. c. 13

1671- 1674 - Hanss Kutzer as Stadsraadslid genoem.

Archiv Mesta Zakupy, Inv. c. 11

Ongelukkig begin die kerkboeke van Reichstadt eers in ongeveer die helfte van die 1600's en is dit dus baie moeilik om die direkte lyn na ons SA Stamouer deur te trek.
Uit die Kerkboeke van Reichstadt weet ons gevolglik ook slegs die volgende:
1. Wentzel Kutzer van Reichstadt is op 18/10/1682 te Reichstadt getroud met Susanna Weiss, die dogter van Hans Weiss van Kamnitz naby Reichstadt.
2. Stamvader Jacob Coetzer is op 25/7/1686 te Reichstadt gedoop as Hans Jacob Kutzer, seun van Wentzel Kutzer and Susanna Weiss.
3. Susanna Weiss is op 13/1/1717 te Reichstadt begrawe.
4. Die sterfdatum van Wentzel kon nie in die Reicstadt se kerkboeke gevind word nie en dit word vermoed dat hy moontlik elders oorlede is.
Wat die etniese oorsprong van ons Stamvader betref, wil dit blyk dat hy half Slavies en half Germaans was. Dit sal egter met DNA getoets moet word.
Die Setrij naby Wenen waarna soms in samehang met hom genoem word kon nie ontrafel word nie.

 

  • Hits: 19103

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy