Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

VAN ZYL Willem

Willem van ZYL (van Zijl, van Zeijl, van Zeyl, van Zuijl, ens) volgens Pama en de Villiers het hy van Delft in Holland gekom. Jean le Roux verwys na 'n boek van Professor van Zyl waar melding gemaak word dat Willem van Zyl van Haarlem gekom het en by die Kaap geland het in 1699. Een bron uit Familia sê dat sy ouers Willem van Zijl van Delft en Aeltje Pieters van Adegeest was, dit lyk my egter onmoontelik omdat hulle albei nog in 1699 in lewe was terwyl Willem self in 1694 verklaar dat beide sy ouers dood was. Ek vermoed dat hy op 9 Desember 1688 in Delft gedoop is as die seun van Willem Dirckse van Zuilen en Catharijna Jansz Cortleven. Hy was verkies tot Heemraad van Drakenstein in 1717, 1719, 1723 en 1724. Sy vrou was Christina van LOVEREN. Willem van Zyl gaan op 12 November 1694 in ondertrou met Christina van Loveren in Amsterdam. Hy is dan 26 jaar oud, is van Delft en is tuinier. Christina is dan 21 jaar oud en kom uit Amsterdam, Doop van Christina, 21 Oct 1695, Haarlem, The Netherlands.
Beide se ouers is al dood. Hulle trouw op 23 November in die Oude kerk.

Internet transkripsie: "Compareerden als voren Willem van Zeijl van delft tuijnier oud 26 jaren in de verfwersstraet ouders doot geassisteert met Manuel Abrams, en Christina van Loveren van A. oud 21 jaren op de Wael ouders doot geassisteert met Sara Jurriaens haar moeje ..." [Nico Conradie]

Willem het eers gedien as tuinier vir die VOC. Hy koop Jacques de Savoye se plaas Vrede-en-Lust in Simondium 24 Januarie 1702, en sy weduwee verkoop die plaas in 1728.
[Moontlike sterf datum van Willem 19 Maart 1727]
Wilhelmina is gebore op 21 Oktober 1695 in Haarlem. Een of twee jaar later is haar broer Albertus in Velsen, net noord van Haarlem, gebore.

Kinders
Wilhelmina gebore in X Jan Durand, XX 4 Oktober 1727 Jacobus Louw.
Albertus gebore 1697 in Holland, X 6 Maart 1729 Marthe Viviers
Johannes gedoop Kaapstad 4 Julie 1700, X 19 April 1732 Catharina van Eeden
Hendrina gedoop Kaapstad 30 November 1701, nooit getroud, heelmoontlik jonk oorlede
Gideon gedoop Drakenstein 9 Desember 1703, X 20 Nov 1729 Maria Elisabeth van Eeden
Pieter gedoop Drakenstein 12 Desember 1706, X 26 September 1734 Hester van Wijk
Hester gedoop Stellenbosch 20 April 1709, X 28 November 1723 Hendrik Nusscher
Christina gedoop 14 September 1709, X Jurgen Friedrich Corbrach, XX 22 Julie 1725 Hendrik Frappe
Johanna gedoop Drakenstein 11 Desember 1718

Blykbaar was Willem oorspronklik Katoliek en sy vrou Hervormd. Willem het op 5 Januarie 1706 die beswaarskrif van Adam Tas (teën van der Stel) ge-onderteken, maar nadat hy deur Willem Adriaan van der Stel onder druk was geset het hy tog die getuigskrif van goedgedrag geteken.

Verwysings:
HG van Zyl "Die aankoms van die stamvader Willem van Zyl" Familia XIV, 1977 no 4
JG le Roux en WG le Roux Ons Drakensteinse Erfgrond: Simondium
Inligting van GenForum verskaf deur Jean le Roux.
Internetskakels; Nico Conradie; Face Book; van Zyl Groep.

Saamgestel deur:
Corney Keller corney.keller@hetnet.nl
AM van Rensburg.

 

 

 

  • Hits: 20990

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy