Skip to main content

logo new

Surnames R to U

SNYMAN Christoffel

Christoffel SNIJMAN was gedoop 9 Maart 1669, sy vader was Hans Christoffel Snijman "n soldaat by die Kaap. Sy vader het "n skelm verhouding gehad met die slaafin Catharina van Bengale, sy was ook bekend as Groote Catrijn (Kyk ook onder haar inskrywing). Sy vader is toe na Robben eiland gestuur op die 30 Julie 1667. Christoffel se moeder was hierdie Catharina van Bengale.

In "n brief van die owerheid 6 Januarie 1672 word daar melding gemaak dat Groot Catrijn vrygestel was.

Sy moeder trou later met die vryswarte Anthony (Jansz) (de Later) van Bengale, wat toe sy stiefvader was. Baie mense maak die fout om te dink dat sy stiefvader sy vader was. Daar moes "n tragedie plaas gevind het want die hele familie is ewe skielik oorlede tussen Desember 1682 en Februarie 1683, behalwe Christoffel.

Christoffel was een van die min manlike halfslag slawe wat in die witgemeenskap ingetrou het. Christoffel trou in Julie 1689 met Margaretha Therese DE SAVOYE sy was van Gent, Vlaandere. Haar ouers was Jacques de Savoije en Christine du Pont (korrekte ouers gekry van Jean le Roux) , sommige gepubliseerde inligting verkeerdelike gee haar moeder as Marie Madeleine de Klerk.

Hulle het nege kinders gehad:
b1 Jacobus Christoffel Snyman, ged 10.12.1690 (jonk oorlede?)
b2 Catharina Snyman, ged 27.1.1692 x Johannes Viljoen
b3 Maria Magdelana Snyman, ged 9.8.1693, x 15 Des 1710 Theunis Botha
b4 Christina Snyman, ged 22.7.1695 x Jeremias Roux
b5 Elsie Snyman, ged 1.8.1697 x 22 Okt 1713 Jacobus Botha
b6 Johanna Snyman, ged 25.10.1699 x 7 Feb 1717 Anthonie Lombard
b7 Philippus Snyman, ged 24.7.1701 x 14 Apr 1726 Johanna Margaretha van Deventer
b8 Susanna Snyman, ged 28.10.1703 x Jacob Coetzer
b9 Elisabeth Snyman, ged 21.3.1706, oorlede 18 Maart 1758 x Jan Hendrik van Helsdingen

Christoffel Snyman het in 1692 geboer in vennootskap met Ernst Friedrich Walter. Hy het geboer op die plaas Sandvliet in Groot Drakenstein. Christoffel Snyman het in 1706 gesterwe. Margaretha Therese DE SAVOYE trou toe met Henning Viljoen.

Bronne:
Inligting van Danie Viljoen
Mansell Upham, "In Hevigen Woede", Capensis
Inligting van Jean le Roux

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

 

  • Hits: 19778

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy