Skip to main content

logo new

Surnames R to U

SCHOONBEE Andreas Godlieb

Andreas Godlieb SCHOONBEE hy was "n Deen wat in 1765 in diens van die Kompanjie na die Kaap gekom het. Hy kry sy ontslag in 1771. Hy was getroud met Johanna Sophia VILJOEN.

Hy kry die plaas Katryntjiesdrif (Wellington, Bovlei) op 6 Maart 1790. Hy verkoop die plaas aan Pieter Engelbrecht 16 Augustus 1794.


Elana Kitching vertel:

Oorkant my huis is die ou begraafplaas van Middelburg OK geleë. In die begraafplaas is "n graf met die volgende inskripsie :

Ter gedachtenis
aan
Susanna Hendrika Barendina Steyn
geboren 8th September 1808
Overleden 20th Maart 1883
Weduwe wylen den Heer
Henning Johannes Hendrik Coetsee,
daarna echtgenoote van den Heer
Andries Gottlieb Schoombee.

Hierdie Andries Gottlieb Schoombee is "n seun van die oorspronklike Andries Gottlieb Schoombee.
Sy vrou was die vrou van die oorspronklike eienaar van die plaas Driefontein waarop Middelburg OK aangelê is.

Die plaas Schoombiesklip is in die jaar 1780 deur "n sekere Andries Godliep Schoonbee (soos die van oorspronklik gespel is), "n jong man uit Denemarke, aangelê. Die plaas dra die naam omdat op "n klip op die plaas die volgende woorde uitgekap is :

"Anno 1780 Aprel ik ben die plaas heeft aangeleygt A G S B uyt Denemark sprenghane als sant."

Andries Godliep Schoonbee moes uit Denemarke vlug omdat hy met sy broer rusie gekry het, en hom uit die boonste van hul tweeverdiepinghuis gegooi het. hy het gemeen dat die broer dood is wat egter nie die geval was nie. hy het ook die plase Buffelsvlei, waar "n gekweste buffel op hom afgestorm het, en Schoombeesfontein aangelê.

Bronne:
"Elana Kitching" elanak@ndagadi.agric.za, inligting verskaf op Genforum

Saamgestel deur:

 

  • Hits: 11978

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy