Skip to main content

logo new

Surnames N to Q

PRETORIUS Dirk

Dirk PRETORIUS wat in 1671 uit Linteloo, Holland hier aangekom het op die skip Damiaten. Hy was 'n soldaat in diens van die Kompanje en later 'stalmeester'. Dirk het vier onwettige kinders by Maria HANSEN van die Kaap gehad.

Hulle KINDERS:
b1 Sibella gedoop 16 Des 1688, X Hermanus Barend van der Schyff
b2 Johannes (Jan) gedoop 27 Mei 1691 X 10 Jun 1714 met Constantia 'van Bengale', wed van Joost Ventura (dogter van Ventura van Bengale en Helena volgens Schoeman, Armosyn van die Kaap, p 656). XX 1 Feb 1722 Marie Jordaan
b3 Dirk (gedoop 1 Augustus 1694). Oor laasgenoemde is weining bekend behalwe dat hy nog gelewe het toe sy Vader se testament op 19 September 1707 opgestel is
b4 Anna Elisabeth gedoop 14 Apr 1697, X 1 Apr 1731 Christiaan van der Schelde

Daar is beweer dat Dirk voor sy vertrek na die Kaap wel getroud was wat moontlik verklaar waarom hy nooit met Maria Hansen in die huwelik getree het nie. In sy testament ontken hy egter 'n vroeêre huwelik en benoem as enigste erfgenaam, asook voog van sy drie minderjarige kinders, sy skoonseun Herman Barend van der Schuyf. Alhoewel Dirk se sterfdatum onbekend is, weet ons dat hy 72 jaar oud was in 1707 tydens ondertekening van sy bogemelde testament.

BRONNE
PJS Coetzee "Pretorius-Stamouers" Familia XVII 1980 no 1
"Pretorius oor Drie Eeue"
GC de Wet Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting
De Villiers en Pama
Heese, Groep sonder Grense
Inligting van Dennis Pretorius

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

  • Hits: 11901

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy