Skip to main content

logo new

Surnames N to Q

OLIVIER Hendrik Cornelisz

Hendrik Cornelisz OLIVIER was van Ouwerkerk, distrik Duiveland, provinsie Zeeland. Hy kom in 1661 na die Kaap as vryburger. Hy word as een van die beste tien boere wat op 1 April 1677 aangewys en toegelaat om "n slaaf te koop. Hy word "n burger in 1701. Hy trou 30 Mei 1677 met Beatrix Gysberta VERWEY, sy was van Woerden, Nederland. Haar ouers is Gysbert Verwey en Catharina Ganzevanger, van Milligen, Nederland.

KINDERS;
b1 Gysbert gedoop 2 Mei 1678, nooit getroud, + 1730
b2 Cornelis gedoop 19 Maart 1679, + 1713
b3 Neeltje (Cornelia gedoop) 21 Sep 1681, X 2 Okt 1707 Cent Jantz, XX Christiaan Sprigt
b4 Jan gedoop 7 Nov 1683, X 18 Apr 1717 Helena Burger
b5 Aart (Arend) gedoop 9 Mei 1688, X 16 Apr 1730 Helena du Toit (wed van Ernst Frederik de Swart)
b6 Annietie (Johanna) gedoop 10 Maart 1691, X Jan Cloete
b7 Gerrit gedoop 31 Mei 1693, X 30 Mei 1730 Maria Magdalena van der Westhuizen
b8 Ocker gedoop 3 Des 1696, sterwe voor 1718
b9 Beatrix gedoop 9 Mei 1698, X 5 Sep 1721 Pieter van der Westhuizen

Hendrik was die ouer broer van die ander stamvader Ockert Cornelisz Olivier (kyk ook onder hom). Hulle voorgeslagte is soos volg:

Hierdie Oliviers was van Ouwerkerk, distrik Duiveland, provinsie Zeeland. (Let wel nie Ouderkerk, nader aan Amsterdam, soos deur sekere bronne aangehaal nie).

Ook bleik dit dat die Olivier familienaam eers in die 1600"s "n vaste tweede/laaste naam geword het.

DIE OLIVIERS VAN OUWERKERK, PROVINSIE ZEELAND IS VERMOEDELIK SOOS VOLG:-

Olivier Corneliszoon stamvader (in lewe mid tot laat 1500"s met 4 kinders

1.1 Cornelis Olivier (in lewe gedurende 1644 met 3 kinders)

1.1.1 Marietje Cornelisdr. Olivier

1.1.2 Cornelis Corneliszoon Olivier (sterf voor 29.8.1676 met 2 kinders)

1.1.2.1 Hendrik Corneliszoon Olivier (SA stamvader)

1.1.2.2 Ockert Corneliszoon Olivier (jonger SA stamvader)

1.1.3 Olivier Corneliszoon (met 3 kinders)

1.1.3.1 Gerrit Olivier

1.1.3.2 Jan Olivier

1.1.3.3 Pieter Olivier

1.2 Jan Olivier (sterf voor 1629)

1.3 Adriaentje Olivier

1.4 Trijntje Olivier

As bogenoemde inligting aanvaar word dan ontstaan die volgende weerlegbare afleidings/vermoedens.
Die Olivier voorgeslagte het lank voor die Franse Hugenote (1688) al na Suid-wes Holland verkas en is hulle dan nie juis deel van die Franse Hugenote nie.

In 1687 het Hendrik en sy vrou met "n paar andere geweier om kerkdienste by te woon weens die ergerlike lewe van die sieketrooster, Sybrand Mankapdan. Hendrik is aangekla op 22 September 1673 weens diefstal.

Hendrik sterwe 1701 en hy het toe "n onbebouwde plaas gehad aan de Ruyterstal valleij en "n plaas by Tygerberg. Die plaas Clara Anna Fontein by Tygerberg word aan Beatrix toegeken. Sy ontvang ook weiland in 1706 in die Land van Waveren, sy kry hierdie plaas met "n erfbrief in 1714, en is bekend as Louisenklip aan die Klein Berg rivier. Sy was bekend as die "landbouweresse". Beatrix sterwe 1740/1741.

Bronne:
Esme BULL "An Anomaly in the OLIVIER Family" Familia, Vol 23, No.3, 1986.
M Cairns The Secluded Valley. Tulbagh: t" Land van Waveren 1700 - 1804
de Villiers en Pama
GC de Wet Die Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting

Saamgestel deur:
AM van Rensburg
Tjaart Olivier tolivier@global.co.za

  • Hits: 16362

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy