Skip to main content

logo new

Surnames H to J

IMMELMAN Justus Ludolf

Justus Loedolf IMMELMAN, * 06-01-1725 Grasdorf, + 1775. Hy was die seun van Arend Heinrich Immelman en Maria Elisabeth Rudau van Grasdorf, naby Hannover, Duitsland. Hy gaan na Holland en sluit aan as sersant in die regiment van maj Isaak Meinertzhagen. Hy kom in die Kaap in 1741 met die "Voorduijn", word in 1747 oorgeplaas na Batavia maar kom in 1748 terug, word vaandrig in 1750 en luitenant in 1766, en is in beheer van 109 "coppen" in 1768.

Hy trou 15 Februarie 1755 Sara Christina van STEENWYK.
Uit hierdie verhouding:
1. Daniël Ferdinand IMMELMAN, gedoop 12-03-1756 X Catharina MAASDORP
2. Anna Christina (1757), getroud met Johannes Augustus BRESLER.

Sara Christina van STEENWYK (wed. Arends). Sy is afkomstig van Loosdrecht, Nederland en was die weduwee van ds Eduard Arentz, predikant op Stellenbosch (1747-1749). Die Arendse se eetservies met familiewapen wat vanuit die Kaap in Kanton China laat maak is, word in die Koopmans de Wet-huis in Kaapstad bewaar ('n kleurillustrasie verskyn teenoor p. 64 in F C Fensham, "Drie Eeue van Genade"). Sara se trourok word in die in die Stellenbosch-museum bewaar.

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

 




 

  • Hits: 12887

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy