Skip to main content

logo new

Surnames K to M

LOMBARD Pierre

Pierre LOMBARD, gebore 1658, van Pointaix in Dauphine was "n Franse Hugenoot. Hulle vlug gedurende die vervolging eers na Marges, aan die meer van Geneva. Daarna vlug hulle langs die Ryn na Nederland. Hulle vertrek van Texel op 5 Januarie 1688 op die skip Borssenburg en land aan die Kaap 12 Mei 1688. Hy was getroud met Marie COUTEAU van Soudiere in Dauphine, sy was gebore 1659, sterwe 1.4.1718. Hy was "n landbouer in Drakenstein, hy boer op die plaas Langerust (1689 - 1716) en Zondernaam (1699 - 1716), Simondium. In 1690 was hy beskryf as ""n siek man met "n vrou en een kind". Hy het 3 seuns en 3 dogters gehad.

1. Pieter * 1689 x 5 Mei 1720 Martha Fourie
2. Claudina * 1690 x David du Buisson xx Gerrit van Hoeting
3. Anthonie * 1693 x 7 Feb 1717 Johanna Snyman
4. Anna ~ 8 Sep 1695
5. Jan * 1698 x 10 Okt 1718 Louisa Joubert
6. Eva ~ 3 Mei 1699

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz

  • Hits: 12315

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy