LAMPRECHT Johann Christian
Johann Christian LAMPRECHT, afkomstig van Zerrenthin in die Uckermark, was die seun van ds. Georg LAMPRECHT. Hy het in 1726 as soldaat hier aangekom en na ‘n verblyf van twee jaar korporaal geword. In 1732 was hy sersant, van 1733 tot 1735 adjudant en in 1745 het hy burger geword. Op 11 September 1735 het hy in die huwelik getree met Johanna Cornelia FRAPPE, die dogter van Hendrik FRAPPE, van Amsterdam, en die weduwee van Johannes PEUNIS. Hy was die vader van elf kinders:
(1) Maria Christina (1736), getroud 11.10.1761 met Johann Hendrik VILTER, van Hameln, en hertroud met Frederik BURGER.
(2) Cornelia Elisabeth (1737), getroud 27.6.1756 met Johannes Jacobus DOEKSTEEN, van Magdeburg.
(3) Elisabeth Maria (1739).
(4) Hendrina (1741).
(5) Johan Georg (1742), getroud 12.10.1766 met Anna VAN DIJK.
(6) Hendrik Sigfried (1746).
(7) Jacobus Christiaan (1746).
(8) Albertus Godlieb (1748).
(9) Johanna Christina (1750).
(10) Jacoba Cornelia (1753).
(11) Johan Cbristiaan (1755), burger te Swellendam en getroud 2.7.1780 met Aletta UWES; hertroud 16.8.1801 met Martha Sophia DU PLESSIS, die weduwee van Jonathan FOURIE; 6 kinders.
Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys
Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com
Navorsing:
- Hits: 12825