Skip to main content

logo new

Surnames K to M

KRYNAUW Daniel

Daniël Krynauw, die stamvader van die Familie Krynauw het in 1708 in die Kaap aangekom.

Baie min besonderhede is bekend oor Daniël Krynauw. Sy geboortedatum asook sy sterfdatum is onbekend. Hy is waarskynlik tussen 1728 (die jaar waarin sy laaste kind Johannes gebore is) en 1734 (die jaar wat sy weduwee hertrou) oorlede is.

Daniël was afkomstig uit Grabau (Grabow), ‘n klein plekkie in die distrik Scheidenmül in wat vandag bekend is as die gewese Oos-Duitsland. Daniël het in sy vaderland krygsdiens verrig, hy dien van 1708 as stalkneg vir die Kompanie, hy werk as 'n saalmaker van 1710 en tree ook later uit die Kompanie se diens.

In die Resolusies van die Politieke Raad, 24 Maart 1716 en 8 April 1727 word melding van hom gemaak:
"Zoo is, na resumtie van ’t zelve en dieswegen gedelibereert zijnde, goed gevonden ende beslooten omme ... en de gedane versoeken van de burgers Jan Cuijpermans en Jacobus Smit omme ider een stuk lands, bij der zelver requeste genoemt, in eijgendom te hebben, g’accordeert; mitsgrs. verstaan dat de erven van Jan Jurgen Mulder en Daniel Krijnouw, waar van de opstallen door haar gekogt en lange beseten zijn geweest, zullen gemeten en haar luijden de ervbrieven ter hand gesteld werden".

"Verders geresumeert weesende de notulen op gisteren in burgerchrijgsraade gehouden, soo heeft men sig de gedaane aanstelling van den corporaal, Harmen Combrink, tot sergeant in plaatse van Daniel Krijnouw, die ter oorsake sijner geduurige indispositie van burger diensten is ontslagen, mitsgaders van den burger Jonas van der Poel tot corporaal, laten welgevallen".

Omdat hy van Duitse afkoms was, het hy hom waarskynlik aanvanklik tussen sy landgenote in die Kaap gevestig. Op ‘n stadium moes hy hom egter in die Drakenstein gevestig, waar hy dan ook in 1718 getroud is met ‘n Hugenote, meisie Johanna Jourdan.

Johanna was die jongste dogter en vierde kind van Jean Jourdan en Isabeau le Long. Jean Jourdan is voor Johanna se geboorte in 1698 oorlede en met Johanna se doop was Isabeau le Long reeds getroud met Jacques Malan.

Tydens Johanna se doop het Anna Fouché (eggenoot van Pierre Jourdan, jonger broer van Jean Jourdan en Johanna se oom) en Jacques Malan (Johanna se stiefpa) as doopgetuies opgetree.

Isabeau le Long was dus die stammoeder van beide die Families Jordaan en Malan. Deur die huwelike van haar dogters stam die Families Krynauw en Kriel ook van haar af.

Daniël Krynauw en Johanna Jourdan het vyf kinders gehad, waarvan drie (twee seuns en ‘n dogter) volwassenheid bereik het en getroud is. Dié twee seuns het dus die Krynauw familinaam laat voortleef.

Na Daniël Krynauw se afsterwe tree Johanna Jourdan in 1734 in die huwelik met Andreas Wasselbaart. Geen verdere besonderhede oor Johanna Jourdan of haar tweede huwelik is bekend nie.

Die oudste seun (b2 Daniël Krynauw) van die stamvader het tien kinders gehad, waarvan twee seuns die familienaam laat voortleef het. Elkeen van die seuns het op hulle beurt ‘n seun gehad wat die familienaam voortgedra het. Dus het b2 Daniël twee kleinseuns gehad.

Die tweede seun (b4 Christiaan Krynauw) van die stamvader het ook tien kinders gehad, waarvan drie seuns die familienaam laat voortleef het. Tussen die drie seuns het b4 Christiaan agt kleinseuns gehad.

Die stamvader Daniël Krynauw het dus in total 10 agterkleinseuns gehad wat die familienaam voortgedra het. Twee van die agterkleinseuns stam van b2 Daniël en agt stam van b4 Christiaan. Waarskynlik is die meerderheid van vandagse Krynauws uit die b4 Christiaan stamlyn.
______________________________________

Stamvader:
a Daniël Krynauw x 19 Junie 1718 Johanna (Jeanne) Jourdan, ~ 16 Jan 1699, d/v Jean Jourdan (1659-1698) x Isabeau Longue (1668-1736)

Eerste geslag
b1 Elizabeth Krynauw * 1719 [waarskynlik vroeg oorlede]
b2 Daniël Krynauw * 16 Nov 1721 x 16 Okt 1757 Margaretha Marais * 7 Mar 1728 (d/v Stephanus Marais en Marie Elizabeth de Villiers) xx 26 Feb 1769 Elizabeth de Villiers (d/v David de Villiers & Magdalena de Villiers) [x Margaretha Marais en xx Elizabeth de Villiers was niggies: Marie Elizabeth de Villiers en David de Villiers was broer en suster, kinders van Jacques de Villiers en Marguerite Gardiol]
b3 Catharina Krynauw * 1724 x 8 Feb 1756 Johannes Knokkers [van Nimegen]
b4 Christiaan Krynauw * 21 Jul 1726 x 30 Aug 1748 Magdalena Lombard
b5 Johannes Krynauw * 13 Nov 1728 [waarskynlik vroeg oorlede]

Johanna Jourdan xx 31 Okt 1734 Andreas Wasselbaart

Bronne
Die Krynauw Familie, deur DW Krynauw (1908 – 1996)
Geredigeer deur Jean le Roux
Resolusies van die Politieke Raad http://databases.tanap.net/cgh/
Saamgestel deur Jos le Roux, josleroux@shaw.ca






 

  • Hits: 10336

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy