Skip to main content

logo new

Surnames D to G

ELOFF Zacharias Arend en Sophia DU PLESSIS

Stamvader Zacharias Arend ELOFF (“Jan”) arriveer in 1759 as soldaat in diens van die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie met die skip “Keukenhoff” aan die Kaap. In 1765 word hy skrynwerker in diens van die Kompanjie tot hy burgerskap verkry in 1767 en gaan boer in die wyk Drakenstein.

Op 2 Mei 1772 trou hy in die Paarl met Maria (Martha) Sophia DU PLESSIS, geb. 13 Mei 1755, d.v. Charl Jean DU PLESSIS (b2c4) en Maria VAN ELLEWEE (a1b3).

Zacharias (Jan) ELOFF het in 1777 aansoek gedoen vir ‘n plaas in die Paarl, maar is voor okkupasie op 8 Jan 1778 deur sy buurman, Jan Smit Jurriaanse, se slaaf, Januarie van Beubac, noodlottig verwond.

Sy weduwee oorleef hom met twee kinders. ‘n Derde is meer as drie maande na sy vader se dood gebore, maar jonk oorlede. ‘n Vierde kind, Leonore Dorothea, soos aangegee in SAG Vol.2 p187, is dus nie verwant aan die ELOFFs nie..Haar van word ook aangegee as Illhoff. Die weduwee hertrou op 13 Mei 1781 met Jonathan FOURIE, gebore 8 Jun 1738 en ‘n derde keer met Johan Christiaan LAMPRECHT op 16 Aug 1801.

KINDERS

b1 Charl Johannes gedoop 8 Jan 1775, Paarl, X 10 Jul 1796 Cornelia DE WIT gedoop 3 Okt 1778, Paarl

b2 Anna Sophia gedoop 4 Aug 1776, Paarl, X 26 Apr 1795 Floris Johannes ZAAIMAN gedoop 2 Okt 1763, Stellenbosch

b3 Zacharias Arend gedoop 26 Apr 1778, Paarl, jonk oorlede.

Al die ELOFFs in Suid-Afrika stam dus van Charl Johannes ELOFF en Cornelia DE WIT af. Hulle het 5 seuns en 5 dogters gehad. Charl Johannes het uit ‘n tweede huwelik op 3 Jun 1821, Graaff-Reinet, met Anna Elizabeth JOUBERT, ‘n seun gekry wat jonk oorlede is.

Bronne:

1. J.H. van Dyk, Stamregister van die ELOFFs in Suid-Afrika (RGN), 1972
2. SAG Vol.2 D-G (RGN), 1989
3. Dr PJ du Plessis, Van Stamvader Jean Prieur tot Pieter Johannes DU PLESSIS; ‘n Tak van die Du Plessis-familie 1688-1978, 2002.

Saamgestel deur:
Erik Eloff
www.eloff-family.com

  • Hits: 13084

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy