Skip to main content

logo new

Surnames D to G

EKSTEEN Hendrik Oostwald

Hendrik Oostwald EKSTEEN (Heinrich Oswald ECKSTEIN) Hy was gebore 23 Februarie 1678 in Loebenstein, Thuringen in Duitsland. Sy vader was Michael Eckstein. Heinrich het op die skip Oostersteyn as adelbors in 1702 by die Kaap aangekom. Hy was "n burger in 1704. Hy was ook "n lid van die Burgerraad, die weeskamer. Hy trou 13 Julie 1704 met Sara HEYNS, dogter van Paul Heyns en Maria Schalk van der Merwe, Maria se moeder was "n slavin. Sy is in 1713 oorlede. Hy trou die tweede maal 21 Februarie 1714 met Everdina CRUYWAGEN dogter van Jan Myndertse Cruywagen en Catharina van Maarsen. Sy is in 1718 oorlede. Hy trou die derde maal met Alida van der HEYDEN dogter van Pieter Jurgen van der Heyden en Aletta maria van AELWYK. Sy is op 15 Desember 1784 oorlede.

Hy het "n vissery besit naby Saldanahabaai. Hendrik was "n ryk man, wat die plase Lobenstein (Loewenstein) en Elsjeskraal besit het.

KINDERS:
b1 Michiel gedoop 26 April 1705
b2 Paulus Marthinus gedoop 23 Oktober 1706
b3 Maria Rosina gedoop 17 Junie 1708
b4 Anna Solomea gedoop 25 Mei 1710
b5 Johannes Paulus gedoop 5 Junie 1712
Bogenoemde was almal uit die eerste huwelik, hulle kon dalk almal gesterwe het in die pokke-epidemie van 1713.
Catharina Rosina gedoop 11 Augustus 1715, X 24 Augustus 1732 met Dominee Henricus Cock
b6 Jan Hendrik gedoop 27 Junie 1717
b7 Maria gedoop 26 November 1719, X 29 Januarie 1746 Jan Raak
b8 Anna Salomea gedoop 23 Februarie 1699, X 1 Februarie 1739 Heuning Joachim Prehn
b9 Hendrik Oostwald gedoop 23 Augustus 1722, X 9 Augustus 1744 Martha Berthault de St Jean
b10 Johanna gedoop 1 Oktober 1724, X 19 Februarie 1741 Pieter Loubser
b11Alida Susanna gedoop 28 Julie 1726, X 28 Junie 1744 met Reyno Berthault de St Jean, XX 20 Mei 1764 Pieter Saermans
b12 Petrus Michiel gedoop 18 Januarie 1728, X 16 Maart 1749 Sophia Cloete
b13 Barbara Margaretha gedoop 6 November 1729
b14 Hendrina Helena gedoop 27 Mei 1731, X 20 Mei 1753 Hendrik Oostwald Müller
b15 Johannes Paulus gedoop 17 Mei 1733
b16 Michiel Casparus gedoop 5 Junie 1735
b17 Paulus Henricus gedoop 7 Julie 1737, X 11 Desember 1757 Elsabe Gildenhuyzen
b18 Rosina Maria gedoop 9 Augustus 1739

Heese, maak melding in Reg en Ongereg, p 12, Hendrik het met die khoikhoi, Griet saamgeleef en sy het hom probeer vergif (1758, 1759). Dit was omdat Hendrik met ander khoikhoi vroue verhoudings gehad het. Sy seun het hom gewaarsku ivm met die gif. Maar kort hierna het sy stiefseun Philip en die slaaf Galant hom met "n rysstamper op sy bed vermoor. Heese beweer dat hierdie Hendrik heelmoontlik "n buiteegtelike kind van die stamvader was.

Die stamvader is oorlede 23 September 1741 en was in die Groote Kerk begrawe.

Sources:
JPG Eksteen "Die Oudste Generasies Eksteen" Familia XIII, 1976 no 1
Heese en Lombard

Thanks to research by:

Thanks to submission by:
AM van Rensburg

  • Hits: 17145

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy