Skip to main content

logo new

Surnames D to G

DE SAVOYE Jacques

Jacques de SAVOYE (Savoije) gebore 1636, Aeth, Hainaut (Vlaandere). Hy trou 4 Julie 1657 met Christine du PONT, sy was van Ath. Hy trou die tweede maal in 1686 met Marie Madeleine de KLERK (le CLERCQ) sy was van Doornik. Jacques sterwe Oktober 1717. Hy word ook beskryf as 'n oortuigde Calvinis, wat baie vir sy geloof gely het. Blykbaar het sy ywer vir die Protestantse geloof tot gevolg gehad dat hy deur die Jesuïete vervolg is, en daar is selfs sprake van 'n moordkomplot teen hom. Trek van Gent na Sas van Gent in 1686.

Daarna trek hulle na Middelberg. Vertrek op 29 Jan 1688 met die Oosterlandt na die Kaap. Saam met Jacques was sy tweede vrou Marie Madeleine de KLERK (le CLERQ), twee van sy dogters uit sy eerste huwelik, Margaretha 17 jaar en Barbe-Therese 15 jaar, baba Jacques 9 maande en skoonma Antonette Carnoy. Hy bring ook die 3 Nourtier-broers saam as sy knegte. Hulle arriveer op 25 April 1688.

In die Kaap kry hy die plaas Vrede-en-Lust in Drakenstein. Hy was 'n slawe-eienaar, heemraad en selfs Kaptein van die Drakenstein-militia. Ouderling in die kerk.

Jacques se geldsake wou steeds nie vlot verloop nie. Hy was in die skuld by die V.O.C. en ander, o.a. dominee Pierre Simond en was bekend daarvoor dat hy "traag was om rekeninge flink te vereffen". Desnieteenstaande beskryf ds. François Simond van die Gereformeerde Kerk in Flaandere hom as 'n eerlike man met baie ywer vir sy geloof, en verklaar "sy lewe is 'n waardige voorbeeld van reinheid en heiligheid in soverre dit moontlik was in die plek waar hy hom bevind het, waar afgodery hoogty gevier het." Ook goewerneur Van der Stel skryf in 'n brief aan die Kamer van Delft oor hom: "Jacques de Savoye en sy gesin is 'n voorbeeld van ywer vir al die vlugtelinge en uitgewekenes, en dat hy as Heemraad aangewys is n.a.v. sy vaardighede."

Interesant genoeg was hy later aktief in die Vryburgers se stryd teen goewerneur W.A. van der Stel, en is vir 'n tydperk in die Kasteel toegesluit. Hy word beskryf as 'n opvlieënde man, wat maklik aanstoot geneem het. Hy verhuis met sy vrou en haar ma terug na Nederland in 1712 as afslagtarief-dekpassassiers op die Samson.

Hy laat in die Kaap 3 getroude dogters en een seun, waarskynlik Philippe Rudolph, agter. Lg. het sonder erfgenaam gesterf. Dit is bekend dat Jacques by die Walloonse kerk in Amsterdam aangesluit het in 1714. Tog keer hy weer terug na die Kaap in 1716. Daar sterf hy op die rype ouderdom van 81 en is begrawe in Oktober 1717. Christine du Pont sterf 1686. Sy het 5 kinders gehad.

Die tweede vrou Le Clercq sterwe c1721

KINDERS

b1 Jeanne * Ath c.1667 x Andre DU PONT
b2 Jacques gedoop Gent Jun 1667
b3 Julienne-Louise *Gent 16 Mei 1671
b4 Marguerite-Therese *Gent 4 Sept 1672, x Christoffel SNYMAN, xx Henning VILJOEN.
b5 Barbe-Therese * Gent 20 Mei 1674, x Christian EILERS, xx Elias KINA.
b6 Chretien *Gent 27 Jun 1676
b7 Suzanne *Gent 27 Jan 1678
Tweede Huwelik
b8 Jacues gedoop Middelburg 12 April 168
b9 Aletta ~ Kaapstad 17 Jul 1689 x Pierre Meyer
b10 Philippe-Rudolphe ~Drak 28 Aug 1694, + c1741, ongetroud, amptenaar VOC

Sterfdatums van kinders
Julienne Louise + Gent Mei 1671, twee weke oud en Chretien # Gent 30 Sept 1676. Bron Boucher " French speakers at the Cape" pp. 265-267. Hy gee die doopname volgens Franse spelwyse uit registers van die St. Jacobs-kerk in Gent. Sien ook "Hugenotebloed in ons Are" pp. 19 & 20.


SAG 11 p 505 SNYMAN,
Christoffel SNYMAN x MT DE SAVOYE,... uit Gent (ipv Aeth), d.v. J. DE S. en Christine DU PONT v Ath.

Bronne:

Saamgestel deur:
Ekstra inligting van Jean le Roux

 

 

  • Hits: 14467

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy