Skip to main content

logo new

Surnames A to C

BRIERS Petrus Franciscus Melchior

Petrus Franciscus Melchior Briers was die derde seun van Petrus Franciscus Briers en Barbara van Gindertaelen. Hy is in 1732 in Hasselt in die prinsbisdom van Luik en die graafskap Loon gebore en op 03 Desember 1732 daar gedoop. Hy arriveer op 11 April 1773 met die skip, die Azië, aan die Kaap. Hy was "n chirurgyn (opperchirurgyn) van beroep, in diens van die VOC.

Pieter Briers (dit blyk sy noemnaam te gewees het volgens "n oorspronklike dokument) is op 19 Februarie 1775 op Stellenbosch met Clara Susanna Groenewald getroud. Sy is op 1 Desember 1743 gedoop en was die dogter van Christoffel Jacobus Groenewald en Anna Hasselaar. Pieter het waarskynlik kort na sy huwelik, begin boer, alhoewel hy amptelik Vryburgerstatus net op 3 Oktober 1789 ontvang het. Moontlik het hy sy beroep nog privaat beoefen, alhoewel 1782 se opgaafrolle hom as boer in die Stellenbosch-distrik aandui.

Volgens sy opgaaf het hy ook drie slawe en twee slavinne besit, en het hy 30 000 wingerdstokke gehad. Daardie jaar het hy 6 lêers wyn geproduseer. In 1794 besit hy 40 000 wingerdstokke en produseer hy 25 lêers wyn.

Op 25 Januarie 1814 het Pieter Briers en sy vrou Clara, "n gesamentlike testament voor die "Sekretaris van"t Drostamp, fungeerde als Notaris publicq" op Stellenbosch laat opstel. Die dokument is deur beide hom en sy vrou onderteken. Pieter is drie dae later op 28 Januarie 1814 op Stellenbosch oorlede. Pieter se vrou, Clara, is op 26 Augustus 1817 in die ouderdom van 73 jaar oorlede - haar boedel inventaris is gedateer 3 September 1817.

KINDERS:

b1 CHRISTOFFEL JACOBUS Hy is op 26 Desember 1775 op Stellebosch gedoop.
Op 1 September 1799 is hy getroud met Helena Josina WOEKE.

b2 ANNA MARIA Sy is op 28 Desember 1777 op Stellenbosch gedoop en op 13 November
1796 met Petrus Johannes WESSELS op Stellenbosch getroud. Hulle het in die
Joostenbergvlakte gewoon en sy is op 13 Desember 1811 oorlede.

b3 BARBARA CHRISTINA Sy is op 2 Mei 1779 gedoop en was met Isak Johannes DE
MILANDER
getroud.

Bydrae deur Gert Briers
Gert.Briers@debeersgroup.com

Navorsing deur Marthinus Brand

  • Hits: 11130

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy