Skip to main content

logo new

Surnames A to C

BLIGNAUT Jean

Jean BLIGNAUT (vandag BLIGNAULT of BLIGNOOT), het lank na die aankoms van die eerste Hugenote in Suid-Afrika aangekom. Sy naam kom egter voor onder die Franse vlugtelinge wat behandel word in "Huguenot Families at the Cape of Good Hope". Nadat Jean Holland bereik het, het hy in diens getree van die Vereenigde Oos-Indiese Kompanjie. Toe hy in 1723 hier aangeland het, was hy adelborst op die skip Huis ten Assenburg.

Daar word beweer dat Daniël Hugo vir Jean genader het as onderwyser vir sy kinders. Jean was egter nie lank skoolmeester nie, want Daniël is sowat "n jaar na Jean se aankoms oorlede.

In 7 November 1725 is hy getroud met Anna ROUSSEAU, weduwee van Daniel Hugo en het besitter van verskeie plase geword, onder andere die pragtige plaas Zion. Anna was gedoop 8 Julie 1694 en was die tweede kind van Pierre Rousseau en Anne Retief.

Volgens een van die bronne waaruit inligting aangaande Jean en sy vrou se eerste man, Daniël Hugo, blyk dit dat Daniël, Jan se ouma, se broer was. Daniël was 40 toe hy getroud is met Anna, terwyl sy "n meisie van 14 was. Jean het sy ouers uit Europa laat kom, want sy moeder teken as getuie by die doop van sy oudste dogter. Hy was kassier van die Drakenstein gemeente en dien ook op die Drakensteinse heemraad.

Hy was die seun van Pieter Blignault en Elisabeth Desbordes. Hy het verskeie plase besit: Bethel waarop hy gewoon het, Zion en Vleesbank.

Jean het sy naam as Jan begin geskryf kort nadat hy Suid Afrika toe gekom het. "n Handtekening van hom in "n kerkraadsnotuleregister, gedateer 1734, van die eerste kerk in die Paarl bevestig dit. Daar bestaan ook verwarring oor die oorspronklike spelling van die van Blignaut. Al die handtekeninge van Jean was geteken Jan Blignaut en nie Blignault soos verkeerdelik vermoed word nie. Daar is wel van Jean se afstammelinge wat die van Blignault gebruik. Die verbuiging is egter beperk tot "n klein groepie mense.

Hulle het 2 seuns en 3 dogters nagelaat:

b1 Margaretha ~8 Des 1726 x Jacobus Du Toit
b2 Jan ~ 20 Jun 1728, burger Drakenstein, + Paarl 30 Jan 1786 x 23 Maart 1749 Rachel Grove
b3 Hester ~ 7 Aug .1729 x Jacobus Theron
b4 Pieter ~ 4 Feb 1731 x 21 Apr 1753 Rachel Jacoba Roux
b5 Maria Magdalena ~ 1 Nov 1733 x Johannes Petrus De Villiers

Hy is in 1752 oorlede.

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda) Kennethl@xtra.co.nz

Philip Blignaut philip@blignaut.co.za

  • Hits: 15167

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy