BEUKES Johann
Jan (Johann) BEUKES van Ottmarsbocholt kom in 1696 as "n soldaat na die Kaap. Hy trou 29 Augustus 1705 met Jacomina VISSER. Jacomina Visser se doop in die Kaapse Register is as volg aangeteken: Jacomijntji den 23 maii 1688 Ouders: Coenraad Jansz Visser en Catrijn Evertsz Van der Zee Get: Jan Roellofsze
Volgens Dr De Wet het Beukes wat "n vorige kneg was van Henning Hüssing, in 1705 met nog twee ander knegte Arij en Michieltje, met "n slaaf en Hottentot in diens van Andries Pietersz aan die Valsbaaise kus gaan visvang.
KINDERS
b1 Johannes gedoop 10 Okt 1706, X 30 Okt 1740 Catharina Schenk
b2 Catharina gedoop 4 Des 1707
b3 Coenraad gedoop 26 Jan 1710
b4 Hendrik gedoop 7 Feb 1712, X 11 Nov 1742
b5 Maria gedoop 1 Jul 1714, X 8 Aug 1734 Matthys Lourens
b6 Elizabeth gedoop 11 Apr 1716
b7 Barend gedoop 23 Jan 1717, X 14 Maart 1751 Lavina Nel
b8 Anna gedoop 20 Aug 1719, X 20 Sep 1741 Hermanus Coertze, XX Johannes Spies
b9 Gerrit gedoop 26 Jan 1721, X 8 Jun 1755 Elisabeth Maria Willemse
Bronne:
Heese en Lombard
GC de Wet, Die Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting
Saamgestel deur:
AM van Rensburg
- Hits: 13900