Skip to main content

logo new

Surnames A to C

CONTERMANN Jan Jacob

Jan (Hans) Jacob CONTERMANN *1656 gebore in Hademar, Hesse-Nassau, Duitsland. Hy arriveer in 1696 aan die Kaap. Hy trou 26 September 1700 met Anna Catharina CLEEF, sy was gedoop 12 Oktober 1686, en haar ouers was Nicolaus Cleef en Barbara le Febre.

Hy waas 'n smit van 1700 - 1707. Hy het die plaas Vryburg besit in Bottelary, asook 'n ander plaas in Jonkerhoek. Henning Hüssing se kneg wat verdrink het, was uit Contermann se huis begrawe. Die skipper Salm en fiskaal Schalen van die retoervloot het in 1706 by Contermann tuis gegaan. In 1707 het Contermann vir die skaapwagter Hartwig Hacob Alsleben met die vuis aangepak omdat Alsleben nie hom respek gewys het deur sy hoed af te haal nie, hy was toe aangekla die 14 April 1707 weens aanranding. Contermann het ook gedien as lid van die Heemraad.

KINDERS
b1 Johanna *1701 X 14 Mei 1719 Andries Gous in 1719, XX Jan le Grange
b2 Babara gedoop 19 Maart 1702, X 29 Nov 1719 Michiel Otto
b3 Anna Maria gedoop 24 Feb 1704, X N Louw
b4 Johannes gedoop 23 Jun 1709
b5 Anna Katryn gedoop 12 Maart 1719 X Pieter Paulus Tamé van Den Haag, XX 9 Apr 1747 Otto Wilhelm Rothenburg xxx Friedrich August Reedel (Hy sterwe 23 Des 1782)

Hy trou die tweede keer met Maria BEYERS 19 Mei 1720. Sy was gedoop 19 Des 1683 en was die dogter van Andries Beyers en Catharina van de Kaap. Maria is dus van slawe afkoms. Maria Beyers was twee keer voorheen getroud; met Jan Harmensz Harting (Vir haar kyk ook onder Harmse) en Jacob Vrey.
KIND
b6 Johannes Jacobus gedoop 7 Sep 1721, X 4 Aug 1743 Susanna Nel

Jan (Hans) Jacob Contermann is in 11 Augustus 1734 in Stellenbosch oorlede


Bronne:
Heese en Lombard
GC de Wet Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

 

 



  • Hits: 12389

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy