Skip to main content

logo new

VOC

MOZAMBIQUE

Dan Sleigh se boek beskryf beskryf Rio de Lagoa as Maputo.

In 1720 stig die VOC `n buitepos by Rio de Lagoa maar baie gou het die naam verander na "Fort Lijdsaamheid" a.g.v. die aantal sterftes aan malaria en ander tropiese siektes. Bevorderings het vinnig gekom a.g.v. sterftes van leiers. Jan van de Capelle is van die begin daar en sy beste eienskap was sy gehardheid teen malaria. Binne 2 maande na die stigting was daar net 38 van die oorsproklike 114 man oor.

In 1722 word die pos aangeval deur ongeveer 900 seerowers en alles wat hulle kon buitmaak het hulle geneem. Sekere van die VOC amptenare het by die seerowers aangesluit.

In 1728 was daar `n muitery en 39 word ter dood veroordeel waarvan 22 deur middel van ledebrak en onthoofding gesterf het. Die buitepos het nooit regtig iets reg gedoen nie. Droogtes het veroorsaak dat voedselproduksie `n minimum was. Soldate wat gesterf het in skermutselings. Die eerste jaar is 99 ivoortande Kaap toe gestuur maar dit het geblyk dat dit opgehoopte voorraad was en daarna was dit maar karig.

Altesaam 227 slawe is na die Kaap gebring maar hulle het `n 50% en hoër sterftesyfer die eerste winter aan die Kaap gehad.

In 1730 sluit die VOC die pos en vernietig al die geboue grondwalle ens.

In 1731 word daar weer `n handelsekspedisie gestuur maar Portugese gevind wat hulle net toegelaat het om water, brandhout en ander verversings in te skeep en keer terug met al hulle handelsware.

In 1732 word weer `n sending onderneem maar sterk wind en storms verhoed dat hulle kan land.

  • Hits: 10989

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy