Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

VERMEULEN Dirk Cornelisz

Dirk Cornelisz VERMEULEN, Dirk was die seun (zoon) van Cornelis en afkomstig vanaf Utrecht, Nederland.

Hy was in diens van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie (VOC) as 'n kok. Op 9 Januarie 1704 vertrek hy aan boord van De Zeehaan uit Texel met bestemming Ceylon. Gedurende 1704 het hul in Indië geland. Op 9 Augustus 1705 het Dirk aan boord van die Zeehaan aan die Kaap geland. Op 21 April 1709 vertrek hy aan boord van die skip Limburg na Patria waar hul op 10 Augustus arriveer. Dit blyk dat hy op 30 Augustus 1709 sy ontslag uit diens van die VOC gekry het. Of Dirk ooit na die Kaap teruggekeer het, en indien wel, wanneer, kon nie vasgestel word nie.

Toe Dirk in 1704 aan boord van die Zeehaan vertrek het, het hy aan sy vrou, Antjen Pieters, drie maande van sy jaarlikse loon bemaak. In die soldijboek van die Zeehaan vir die periode Januarie 1709 tot 30 Augustus 1709 word sy loon uiteengesit.

Daarin word die bedrag gevorder vir Antjen Pieters vermeld. Daar word ook vermeld dat op drie geleenthede 100 gl gevorder is vir "transport" vir ene Maritjen Dirck. Die afleiding wat gemaak word is dat dit Dirk se dogter was.

Wat van hierdie vrou en Maritjen geword het, kan nie bepaal word nie.

Dirk trou vermoedelik gedurende 1706 met Jannetje HANSEN. (Dit is nie bekend waar hierdie huwelik plaasgevind het nie. Geen rekord daarvan kon in die Kaapse argief opgespoor word nie.) Die afkoms van Jannetje is dus ook onbekend. Uit die huwelik is twee kinders gebore.

KINDERS
Cornelis VERMEULEN , gedoop Kaapstad 12 Augustus 1708
Maria VERMEULEN, gedoop Kaapstad 11 September 1707

Hierdie kinders bly in die Kaap saam met hul moeder agter.

Dirk se nageslag was aanvanklik veeboere en het hul gevestig in die Noord- Kaap omgewing (Colesberg). Afstammelinge het verder ge-trek na Victoria-Wes, Carnarvon, Sutherland asook na Graaff-Reinet en Somerset-Oos. Mettertyd is daar verder getrek deur die Vrystaat na Transvaal en die Onderland (Natal). Na die Tweede Wêreldoorlog het van die terugkerende soldate verblyfreg ontvang in Suid-wes-Afrika (Namibië). Daar was ook van Dirk se afstammelinge onder diegene wat sodanige verblyfreg ontvang het.

Vandag is Dirk se nageslag versprei oor die hele Suid-Afrika en oor alle bedryfstakke van die beroepslewe / ekonomie.

Bronne:

Saamgestel deur:
Inligting verskaf deur Johan Vermeulen op GenForum jverm@lantic.net

 

Aanvullende data:

Toe Dirck in 1705 by die Kaap aangekom het, was hy na bewering siek en is hy teen sy sin beveel om in die Kaap agter te bly. Hy bly in die Kaap tot 1709.
Hy was vir ten minste hierdie tydperk steeds wettig getroud met Antjen.
Aan die Kaap het hy twee kinders by Jannetje Hans, ook genoem Hanse en tydens ‘n doop Rutgertroost. Kon nie ‘n huwelik tussen Dirk en Jannetje opspoor nie, die twee kinders is egter albei wettig gedoop.

Nadat hy in 1709 terug is Nederland toe het hy sy ontslag uit die VOC bekom. Daarna weer in 1710 by die VOC aangesluit en in 1712 oorlede.

Johan Vermeulen.
[13 Mar 2016]

Aanvullende data:

Dirck Cornelisz en Antjen Pietersis op 3 Julij 1695 deur ds. Swalmius getroud in Enkhuizen. Dirck woon dan op die Vissersdyk en Antjen op die Dyk. (Bron: DTB Enkhuizen 1702-09, inv.nr. 51, fol. 45)
Ek kon egter geen doop van enige kinders van die egpaar opspoor in die argiewe van Wes-Friesland nie. Dit beteken nie dat hulle geen kinders gehad het nie, maar dan moes hulle buite Wes-Friesland gewoon het.

Dit is onwaarskynlik dat die genoemde Maritjen Dircxs (in die soldyrekening) sy dogter is. Sy word aangegee as transportbriefhouer.
"6en Januarij aan d' E: Comp: over transport aan Maritjen Dircxs f 100: -: -"
Die 100 gulden is dus vir 'n skuldbrief.
Verder word die geld bestemd vir Antjen Pieters en die vir Maritjen Dircxs niet aan die selfde persone uit betaal nie.
Die van Antjen Pieters word uitbetaal aan die 'Aelmoeseniers voogden', waarskynlik omdat Antjen in onderhou word omdat sy in arrenmoede leef. Elk jaar is die voogde ander persone (d'Vries, Mossel, Wagenaar, Leeuwen, de Groot, Philipsz. Swart)
Die van Maritjen Dircxs word 3 agtereenvolgende jare uitbetaal aan Johan Springman.

As Dirck terug kom in Enkhuizen in 1709, haal hy persoonlik sy krediet van 454 gulden op en hy teken daarvoor.

As hy die tweede keer uitvaar is dit Antjen Pieters self wat die jaarlikse uitkering kom ophaal. Sy staan dus nie meer onder voogdy.
In 1712:
"f 84:-:- betaaltg aan Antjen Pieters huijsvrouw van bovengeszde. voor 6/m op haar maandzadul .. "

In 1714 haal sy en Gerrit Grijsman haar uitkering op. Gerrit Krijgsman is die voogd van Dirck se minderjarige dogter, Cornelisje Dircx. Elk kry die helft.

Hy sterf in die hospitaal in Batavia 'zonder testament te maken' en 'weinig goederen naar latende.'

Corney Keller
[13 Mar 2016]

  • Hits: 12961

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy