Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

WURAS Carl Friedrich

Carl Friedrich was gebore op 9 Junie 1809 in Hertzberg, in die destydse Oos Prussia. Sy ouers was Gotthelf Lebereccht WURAS en Johanna Christine DAUMUCHEN. Hy is dus een van Suid-Afrika se Duitssprekende voorvaders. Die van WURAS beteken “goud”. Hy het in Suid-Afrika aangekom in 1836. Hy was ‘n sendeling van die Berlynse gesentreerde sendelingsgroep. Hierdie sendelingsgroep het persone reg oor die wêreld heen gestuur. Hy was gesetel te Bethanie, in die toe OVS. Hy het veral onder die Koranna bevolking sendingwerk gedoen en was vlot in die taal Koranna. ‘n Treinstasie is na hom vernoem in 1919 “Wurasoord”.  Hy trou op 25 Julie 1838 te Graaff-Reinet met Maria Johanna SASS (Sy was die dogter van Christoph SASS en Mary Ann GORDON) Maria is oorlede op 19 Julie 1848. 
Carl trou weer op 18 November 1850 te Colesberg met Elizabeth Harriet EVERY *29 November 1821, +1889 (Sy was die dogter van Mark Rogers EVERY en Elizabeth KING). Hy is oorlede op 20 Mei 1891.
.
Uit sy huwelik met Maria SASS is die volgende kinders gebore (6): 

b1 Bernard
b2 Theodor
b3 Adolf August Louis
b4 Maria Johanna
b6 Eleanor *22 Februarie 1847, X 1864 Heinrich Philip Leopold MEYER, * 9 Junie 1836, + 1897. (Seun van Jacob Otto Leopold MEYER en Sophia Margaretha Elisabeth PENZ)  

Uit sy huwelik met Elizabeth EVERY is die volgende kinders gebore (11): 

b7 Charles Henry
b8 Willem Henry 
b9 Johanna Sophia Margaretha
b10 Elizabeth Marianne
b11 Carl Friedrich
b12 Emma Paulina
b13 Lucy Jane
b14 Christina  Maria
b15 Lucy Jane Caroline
b16 Gotthilf Ferdinand August
b17 Johannes Mark Adolph 

Bronne:

1. Deutsch-südafrikanische Nachnamen deur J Schubert
2. Observations of a German woman living on a Berlin Mission Station  deur A Steinwender
3. Nasionale argiewe van Suid-Afrika (NASA)
4. Britse Settelaars rekords
5. Grahamstown Journal 1850 - 4 - October to December deur S Mackay
6. Familysearch.org
7. James Wheeler and Harriott Elizabeth Pepper deur onbekende skrywer
8. Suid-Afrikaanse Geslagsregisters/South African Genealogies deur J.A. Heese, R.T.J. Lombard

  • Hits: 5307

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy