Skip to main content

logo new

Surnames H to J

HERSCHELMAN Johann Carel

Johann Carel (Karel) Wilhelm HERSCHELMAN (Herselman, Hesselman) was gedoop op 29 Maart 1760 in die Evangelies-Lutherse kerk te Eisenach, Duitsland.
Sy van is ontleen van Hörschel, naby Eisenach in Oos Duitsland, en kom voor in sy verskillende variete: Herschelmann, Hörchelmann, Herselman of Hesselman.

Hy kom in die Kaap aan in 1785 as ‘n soldaat. Hy dien as ‘n soldaat vanaf 1785-91 en hy was ook ‘n lid van Goewerneur C.J. van der Graaf se lyfwag gedurende 1789-91.
Hy ontvang burgerregte in 1791 en word ‘n boer aan die Caffer Kraals Rivier agter Zwelendam.

Op 25 Des 1796 trou hy in die Kaap met Catharina Sophia SCHOENMAKER. Hy trou ‘n tweede keer op 21 April 1799 met Maria Elisabeth RHEEDER (Reeder, Ruijter, Ruiter, Roeder). Sy was gedoop op 8 Apr 1781 en was die dogter van stamvader Jacob Salomon Reeder en Maria Elisabeth Benade.

Hy bly te Swellendam 1808, 1812 en in die stad 1814, 1816. Later woon hy op die plaas “Misgunst” naby Humansdorp.

Hy sterf op 4 Des 1846 (1845?) op die ouderdom van 86 jaar 9 maande te Jagersbosch aan die Krommer Rivier in die Uitenhage Distrik (aan die huis van H.O.Meeding).

Kinders:
b1 Hermina Frederika, ~ Swellendam 13 Jul 1800; x Swellendam 23 Sep 1815 David Jacobus Engela (~ 6 Apr 1776) as sy 2de vrou
b2 Barendina (Bernardina) Geertruijda (Geertruyda), ~ Swellendam 6 Sep 1801; x George Daniel Diezel (Deysel)
b3 Carolina Wilhelmina, ~ Swellendam 17 Apr 1803; + Braakfontein, Kaap 5 Dec 1892; x Pieter Bakkis (boer van Aluin Krantz, Boesmansrivier, Kaap, * Maastricht, Nederland 1788; + Uitenhage, Kaap 7 Jul 1862)
b4 Johanna Gesina, * 5 Jan 1805; ~ Swellendam 27 Jan 1805
b5 Christiaan Albrecht Hesselman (Herselman), * Swellendam 17 Nov 1806; ~ Swellendam 23 Nov 1806; + 1 Aug 1865; x George 10 Apr 1831 Stoffelina Maria Meyer (~ 13 Apr 1806, dogter van Gerrit Hendrik Meyer, burger van Swellendam; weduwee Pienaar); xx Maria Magdalena Fredrika Theunissina van der Schyff (dogter van Lucas Johannes van der Schyff en Catharina Potgieter)
b6 Johannes Tobias Hessleman (Hesselman), * Swellendam 29 Aug 1808; ~ Swellendam 4 Sep 1808; + Haasfontein 27 Jun 1852; x Uitenhage 3 Jan 1830 Anna Maria de Vos (*Swellendam 1803; ~ 17 Dec 1809; dogter van Hendrik de Vos en Maria Peronella Hartog; sterf in die woning van haar seun Carel, 25 Sep 1861)
b7 Maria Elisabeth, * 26 Oct 1810; ~ Swellendam 30 Dec 1810; x Uitenhage 5 Feb 1832 Jacobus Johannes Kemp
b8 Johan Caarl (Carel) Wilhelm Hesselman, * 9 Aug 1812; ~ Swellendam 6 Sep 1812; + Misgunst, Humansdorp 2 Aug 1904; x Uitenhage 8 Mei 1836 Magdalena Wilhelmina de Vos (+ 28 Okt 1900)
b9 Martha Margaretha, * 31 Aug 1814; ~ Swellendam 13 Nov 1814
b10 Jacob (Jakob) Salomon Herselman, * Misgunst in die Humansdorp Distrik 2 Nov 1816; ~ Swellendam 24 Nov 1816; + 12 Mei 1892 in sy seun Jakob se huis; x Uitenhage 30 Aug 1840 Fredericka Theunisina de Vos (* 1818; + Misgunst 22 Mei 1887)
b11 Aletta Franscina, * 5 Nov 1818; ~ Uitenhage 31 Maart 1819; x Hendrik de Vos
b12 Anna Paulina, * 20 Aug 1820; x Jacobus Johannes Classen (Claassen)
b13 Carel Fredrik (Frederick) Herselman, * 20 Jan 1823; ~ Uitenhage 13 Apr 1823; x Uitenhage 7 Okt 1844 Aletta Maria Black (dogter van John Black; * 28 Jul 1825; ~ 20 Okt 1825)


Navorsing deur Edward Martin 2001 edmartin@otfsuff.freeserve.co.uk
Bronne:

1. Suid Afrikaanse Genealogië , vol. III, 342-49 deur J.A. Heese en R.T.J. Lombard.
2. J. Hoge, Personalia of Germans in the Cape 1652-1806 (1946), p. 153. Generale Monsterrollen 1785-91; C 204, pp 230 ff. nr. 15; CJ 1352
3. Kaapse Argiewe, doodsberigte

  • Hits: 10443

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy