Skip to main content

logo new

Surnames D to G

FOLEY Daniel

Daniël Foley is op 21 April 1822 in St. Giles Londen gebore. Hy het op 10 Januarie 1836 uit Portsmoor Engeland met die skip Henry na Suid-Afrika vertrek. Die skip, wat onder Kaptein Bunney gevaar het, het op 22 Maart 1836 in die Kaap aangekom. Hy was 'n veertienjarige seun wie as deel van Britanje se Children Friend Society na die Kaap gestuur is. Hy het vir PV van der Byl, 'n boer van Stellenbosch as plaaskneg gewerk. Twee jaar later, met die Engelse regering se inspeksie, het hy steeds vir PV van der Byl as stalkneg gewerk. Hulle was nou op die plaas Nachtwagt in die distrik van Caledon in die Overberg. Hy is beskryf as in goeie gesondheid, gereeld, oplettend en van goeie moraal. Hy kon lees en skryf, maar het nooit weer Engeland toe geskryf, of van daar gehoor nie. Hy was goed geklee en gevoed.
Hy het hom later as onderwyser bekwaam, en het op Aliwal-Noord onderwys gegee. Dit is waar hy op 28 Julie 1856 met Magdalena Cornelia Erasmus, dogter van Lourens Jacobus Erasmus en Magdalena Cornelia Pieterse getroud is. Magdalena was die sestiende kind van een en twintig kinders. Haar vader het drie huwelike gehad. Sy was die tweede kind uit sy tweede huwelik. Daniël en Magdalena het twaalf kinders gehad. Daniël is op 18 September 1890 op die plaas Rietkuil in die Distrik Dewetsdorp oorlede. Sy vrou is op 20 Januarie 1892 oorlede.

Daniël Foley * 21 April 1822 St. Giles Londen. + 18 September 1890 Plaas Rietkuil Distrik Dewetsdorp.
x 26 Julie 1856 Aliwal-Noord
Magdalena Carolina Erasmus * 14 September 1835 Somerset-Oos = 06 Desember 1835 Somerset-Oos + 20 Januarie 1892 Dewetsdorp
Dogter van: Lourens Jacobus Erasmus en Magdalena Carolina Pieterse.

KINDERS:

b1 Magdalena Carolina * 06 Julie 1857 Aliwal Noord = 05 Sep 1957 Aliwal Noord Jonk oorlede

b2 Susara Catharina * 11 Augustus 1858 Aliwal Noord = 5 Desember 1858 Aliwal Noord x Johannes Jacobus Spies * 1833 + 17 Dec 1928 Memel

b3 Daniël Francois Alwyn * 17 Mei 1860 Smithfield = 30 September 1860 Smithfield

b4 Cornelia Susanna * 6 Januarie 1864 Smithfield = 2 Oktober 1864 Smithfield + 20 Januarie 1902 Bethulie Konsentrasie Kamp. x 8 Mei 1882 Wepener Leonhardus Hendrik van Niekerk * April 1899 + 25 November 1899 Rooilaagte (gesneuwel in oorlog) Drie seuns, ses dogters. Vyf kinders oorlede Bethulie Konsentrasiekamp.

b5 Lourens Jacobus Wepener * 15 Augustus 1965 Distrik Reddersburg = 8 April 1866 Edenburg x 13 Augustus 1890 Dewetsdorp Wilhelmina Catharina Christoffelina Prinsloo * 1868 + Benoni Twee seuns, een dogter.

b6 Louisa Sophia * 24 Mei 1867 Edenburg = 2 Februarie 1868 Edenburg + 15 Augustus 1914 Warden x 10 April 1891 Dewetsdorp Hendrik Johannes Jacobus Pretorius * 13 Maart 1869 + 10 Augustus 1924 Newcastle. Begrawe Warden. Ses seuns, twee dogters. Twee kinders oorlede Norvalspont Konsentrasiekamp.

b7 Andries Arnoldus * 22 Julie 1869, Edenburg = 3 Julie 1870 Edenburg + 29 Mei 1901 Colombo Ceylon (Krygsgevangene)

b8 Elizabeth Maria Susanna * 12 Dec 1870 Smithfield = 14 Mei 1871 Smithfield Jonk oorlede.

b9 Frederik Daniël Jacobus 

b10 Jacobus Petrus 

b11 Johanna Maria * Jonk oorlede

b12 R M S Foley ?

Bronne:

Sterfte kennisse VAB F211/1890 en VAB E255/1892
SAG vol 2 bl 448.
Anglo Boereoorlog Museum Bloemfontein
http://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/
N G Kerk Doopregister Somerset-Oos
The Children Friend Society
Die Pretorius Familie webtuiste

Navorsing en samestelling deur:

Hayley Fritz.


Bykomende data:
[Annelie Els]

b2. Susara Catharina se eerste huwelik was met NN de la Rouviere.
Huwelik met Johannes Jacobus SPIES, 25 Apr 1921, Warden, Harrismith Dist, OFS in die woning van A.F. Beukes.

Bykommende data:
[Marlene Hamond]
 
b2 Susara C Foley Spies + 11-01-1944 Memel X Jeremia August Reichardt de la Rouviere + 22-12-1911
Na b3 was daar nog n kind Julliena Anna Maria * 07-01-1862 = 02-03-1860 Smithfield
b9 Frederik Daniel Jacobus Foley * 01-11-1872 = 02-09-1873 Smithfield
Johannes [Jacobus] Petrus Foley * 25-08-1875 = 26-11-1875 Bloemfontein
X 20-06-1898 Ladybrand, Emmerentia Fredericka Theunissina Botha * 10-05-1880 Oudtshoorn

  • Hits: 10326

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy