Skip to main content

logo new

Surnames D to G

DU PISANI Luigi Alviso Almoro

Luigi (Louis) Alviso Almoro Pisani was van Venesie, Italie. Hy trou 9 Augustus 1789 met Dina Johanna Crafford. Sy was die dogter van Jan Crafford en Catharina Oosthuyzen. Nadat haar man verban was van die Kaap trou sy weer met Adriaan van Wyk

KINDERS
b1 Catharina Carolina Elisabeth gedoop 31 Okt 1790, X 16 Mei 1808 Johannes Petrus Roux

b2 Louis Alviso Almoro gedoop 11 Maart 1792, X 16 Jun 1814 Anna Elisabeth Koch

b3 Johannes Lourentius gedoop 30 Maart 1793

b4 Dina Johanna Elisabeth Cornelia gedoop 6 Nov 1796, X 11 Sept 1814 Adriaan Jacobus Jeremias Olivier

EERSTE EGSKEIDING IN SWELLENDAM

(Geneem uit “GALGKOPPIE en ander verhale oor Swellendam” Opgeteken deur
M van Hemert. Drostdy Museum Swellendam)

Swellendam het al vroeg in sy geskiedenis 'n egskeiding beleef. Dina Johanna Crafford, dogter van Jan Crafford en Catharina Oosthuizen, is op 9.8.1789 in die huwelik bevestig met 'n Italianer, Louis Almoro Pisanie. Twee dogters en twee seuns is uit diê huwelik gebore. Johannes Lourentius, wat op 30.3.1793 gedoop is, is jonk oorlede. Dit was toe die taak van die enigste oorlewende seun, Louis Aiviso Almoro, om die familie, wat later as Du Pisanie bekend geword het, voort te bou.

Pisanie is ongeveer 1765 in Venesië gebore. Hy het kort nadat hy in 1780 by die Verenigd-0ost-Indiese Companjie in diens getree het vir die eerste keer na die Kaap gekom. In 1783 was hy deel van Muller-Holtshausen se geselskap wat na oorlewendes van die gestrande Grosvenor gaan soek het. Op soek na nog meer avontuur het hy uit die Kompanjie se diens gedros en na Ceylon gereis. Hy was egter in 1786 weer terug in Graaff-Reinet waar hy vir die plaaslike landdros om verskoning gevra het. In 1788 tree hy weer in die Kompanjie se diens, hierdie keer
as matroos, maar bcer vanaf 1795 in die streek wat vandag as Montagu distrik bekend is.

Louis Pisanie was P.J. Delport se sterkste ondersteuner tydens die opstand teen Landdros Faure in 1795; die opstand wat later algemeen bekend gestaan het as die stigting van die Republiek van Swellendam.

Nadat die Engelse die bewind oorgeneem het, was hy en Delport onwillig om die eed van getrouheid aan die Britse Kroon af te lê. Hulle is albei verban en Pisani is na Nederland gedeporteer. Daar het hy egter gou padgegee en horn in Frankryk gaan vestig waar hy homself bekendgestel het as 'n kenner van die Kaap.

'n Foto-afdruk, in kleur, van Pisani se kaart word in die Drostdy Museum se argief bewaar. Die oorspronklike is in Franse argief, Archives des Caries, Depot De la Guerre.

'n Kaart van Suidelike Afrika met verskillende geskiedkundige gebeurtenisse daarop aangeteken, word aan hom tcegeskryf.

Skeiding

Toe Pisani uit die Kaap verban word, het Dina met die drie klein kindertjies agtergebly en is toe van hom geskei. 'n Paar maande later is sy op 4 November 1798 te Swellendam met Adriaan Van Wyk getroud. Dit was die eerste huwelik wat in die nuutgestigte gemeente van Swellendam voltrek is.

Bronne:

M van Hemert, Galgkoppe en ander verhale oor Swellendam, (Drostdy Museum, Swellendam)

SAG Vol 8

Bydrae:

Navorsing:

 

 



 

  • Hits: 14509

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy