Skip to main content

logo new

Surnames A to C

BRUWER Estienne

Estienne BRUWER, Bruere gebore omstreeks 1665, van Blois, Franse Hugenoot wat in 1688 met die Voorshooten in SA aangekom het, was "n wamaker en 23 jaar oud. Hy het in die Kaap getrou in 1690 met Esther de RUELLE (dogter van Daniel de Ruelle en Anna Goudalleen weer op 19/2/1702 in Stellenbosch met Susanna (Anna) du PUYS van Amsterdam, d/v Jean. Hy was gevestig te Rust-en-werk (1694), en later De Uitkyk, Daljosafat, en De Verrekyker, Tulbagh (1712). Hy het 2 seuns en 5 dogters gehad - almal uit sy tweede huwelik.

1. Susanna x Gerrit Scheepers
2. Martha ~ 11 Aug 1709 x 30 Nov 1732 David Senekal + Swellendam 28 Maart 1773
3. Anna (of Johanna) Magdalena ~ 8 Nov 1711 Paarl X Jan Gerrit Haan XX Johannes Barens van Westervoort XXX 2. Feb 1783 Johann Valkenhagen van Hamburg
4. Steven ~ 7 Okt 1714 Paarl
5. Esther ~ 12 Sep 1717 Paarl
6. Elizabeth ~ 18 Aug 1720 Paarl
7. Johannes ~ 6 Des 1722, burger Stellenbosch X 18 Des 1751 Johanna Maria van der Merwe

Volgens Spoelstra het Susanna du Puys "n verhouding met haar slaaf gehad, hy meld dat die "Droevig geval van onzedelijkheid eener blanke vrouw met haren slaaf" niemand anders as Susanna was nie, aanghaal in K Schoeman, Armosyn van die Kaap, Die Wêreld van "n slavin 1652 - 1733, p 597.

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz

 

 

  • Hits: 11664

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy