Surnames A to C

Written by AM van Rensburg on . Posted in A - C.

BADENHORST Caspar Heinrich

Caspar Heinrich BADENHORST het by die Kaap aangekom in 1696 as 'n soldaat van Wiedenbrück, Hanover, Duitsland. Hy trou in Kaapstad op 1 September 1713 met Aletta PUTTERS. Hy trou die tweede keer in Stellenbosch 4 Augustus 1724 met Christina MATTHYSEN (vir meer inligting oor haar kyk ook onder Abraham Pietersz van Dam as ook onder Johan Jacob Stokvliet). Sy was die dogter van Elizabeth van Wyk.

Hy het die plase Klipheuwel en Parys Valley besit.

KINDERS
b1 Frans Hendrik gedoop 28 Okt 1714, ongetroud; sterf 16 Feb 1762.
b2 Casper Hendrik gedoop 20 Mei 1725, X 25 Jun 1747 Judith van der Wath, weduwee van Bernardus van Biljon, XX 31 Mar 1765 Anna Magdalena du Plessis
b3 Gerrit Hendrik gedoop 21 Des 1727
b4 Johan Hendrik gedoop 29 Jul 1731
b5 Willem Hendrik gedoop 1 Nov 1733
b6 Floris Hendrik gedoop 13 Mei 1736

Hy sterwe in 1741. Christina Matthysen trou toe met Christoffel Burgert van Bernheide, Duitsland.

Bronne:
M Cairns, "Elizabeth van Wyk 1658 - 1720" Familia, XII, 1975, no 3
Heese en Lombard, SAG, vol I

Bydrae te danke aan:
AM van Rensburg