Surnames A to C

Written by AM van Rensburg on . Posted in A - C.

ALDERS Jan

Jan Alders / Adlersz was van Amsterdam, hy het in 1708 as adelbors na die Kaap gekom. Die selfde jaar word hy assistent en boekhouer in die slaghuis. In 1711 kry hy die rang van boekhouer en in 1716 word hy bevorder tot onderkoopman. In 1716 word hy lid van die Raad van Justisie en in 1720 word hy lid van die Politieke Raad.

Op 4 Februarie 1714 trou het met Apollonia African Bergh. Sy was gebore in 1686 aan die Kaap, die dogter van Olof Bergh en Anna de Koning (Anna se moeder was die slaaf Angela van Bengale ook bekend as Mooij Ansela)

KINDERS
b1 Johan Matthias gedoop 17 Maart 1720
b2 Anna Rincina gedoop 1 Aug 1723

Bronne:
SAG Vol 1
Resolusies van die Politieke Raad C. 70, pp. 7-27. Dingsdagh den 18 Januarij 1724,


Bydrae:
AM van Rensburg

Navorsing: