Surnames V to Z

Written by Phoebe N. van Emmenes on . Posted in V - Z.

VAN EMMENES Albert Gerritsz

VAN EMMENES / VAN EMMENIS / EMMENIS


Albert Gerritsz van Emmenes v. Leiden, provinsie Holland, Nederland x 23 Mar 1704, Stellenbosch,
Catharina VAN DEN BOSCH gedoop 29 Jan 1689 d.v. Jan van den Bosch van Nederland, kom na Suid-Afrika as kolonis trou 28 Mar 1688 Cornelia HELMES


b 1 Gerrit gedoop 4 Jan 1705, Stellenbosch trou 1 Apr 1731 Anna OOSTHUIZEN (wed. v. Pieter Gous) trou tweede keer 15 Apr 1753 Gerbrecht VAN WYK.
b 2 Cornelia trou 6 Mei 1731, Kaapstad, met Erasmus SMIT, burger van Drakenstein.
b 3 Geertruy trou 31 Okt 1728, Stellenbosch, Jan VAN LAAR van Oos-Friesland, Skeeptimmerman in diens van E.E. Companje. trou tweede keer Paarl 1 Feb 1756 Heinrich HAHN van Idstein, Nassau, Duitsland. Teen 1770 is hy terug na Duitsland na die dood van sy tweede vrou in 1762.
b 4 Johannes gedoop 16 Nov 1710, Stellenbosch.
b 5 Catharina gedoop 7 Mei 1713, Stellenbosch.
Bronne:-
(SAF vol 9 - E bld 358).
SAF – Suid-Afrikaanse Familieregisters.
Erkenning: D.F. du Toit Malherbe – Stamregister van die Suid-Afrikaanse Volk.
Addisionele inligting uit die Pretoria Argief Fotokopie Reeks van die N.G. Kerk Registers.

Albert Gerritz gebore Nederland c. 1670 arriveer as soldaat(matroos) en tree in diens van Willem Adriaan van der Stel tot ong. 1704/1705 sterf datum en plek onbekend, wel na 1713 trou NGK Stellenbosch 23 Mrt 1704 Catharina VAN DEN BOSCH- a1,b1 gedoop NGK Kaapstad 29 Jan 1689 - sterf moontlik in pokke epidemie van 1713 (d.v. Johannes van den Bosch- a1 getroud 28 Mrt 1688 Cornelia Helm – sy trou tweede keer c. 1690 Ari(Adriaan) van Wyk(Wijk).
Inligting oor die pokke epidemie te vind op internet onder eggsa.org en spesifiek die VOC monsterrolle. In die monsterrol van Desember 1713 kom slegs Albert se naam voor, wat beteken dat sy eggenoot voor hierdie datum moes gesterf het. Heel moontlik is hyself dood aan hierdie epidemie na Desember 1713. Die aanname dat Albert afkomstig is van Leiden word bespreek in DEEL I op internet, asook verdere inligting oor hom en Willem Adriaan van der Stel.


b1 Gerrit gedoop NGK Stellenbosch/Drakenstein 4 Jan 1705 sterf moontlik Leningsplaas "Tijgerboschgatvallei geleë aan de overzijde van de Breederivier" c. 1769 (MOOC 8/10.22 -16 Jun 1760 van Gerbrecht van Wyk) trou NGK Stellenbosch 1 Apr 1731 Johanna (Anna) OOSTHUIZEN- a1,b2 gedoop NGK Paarl 29 Nov 1707 sterf Leningsplaas "Weltevreden", naby vandag se Robertson/KP voor 22 Dec 1745 (MOOC 8/6.100a). Sy trou NGK Stellenbosch 5 Mei 1721 Pieter GOUWS(GOUS,GOUGH,)- a1,b3 gebore c. 1693 doop (datum onbekend) sterf "Een opstal gelegen over t'Roode Sand gen:t de Doorne Revier aan de Brakke Fontain" voor 9 Mei 1730 (MOOC 8/5.27) (d.v. Johannes Oosthuizen- a1 getroud met Johanna Maartens). Gerrit trou tweede keer NGK Stellenbosch 15 Mei 1753 Gerbrecht(Gerbregt) VAN WYK(WIJK)- a1,b1,c1,d1 gedoop NGK Stellenbosch/Drakenstein 6 Mrt 1729 sterf (sien inligting by Gerrit) voor 15 Mei 1760 (d.v. Roelof van Wyk(Wijk)- a1,b1,c1 gedoop NGK Stellenbosch/Drakenstein 1694 sterf c. 1755 trou NGK Stellenbosch/Drakenstein 28 Sep 1727 Aletta Bezuidenhout- a1,b4,c3 gedoop NGK Stellenbosch/Drakenstein 27 Feb 1713 sterf c. 1755 (MOOC 8/9.17)).
b2 Cornelia gedoop NGK Stellenbosch/Drakenstein 5(16) Des 1706 sterf Plaas "Droge Rijskloof", Bo-Verlorevlei, Sandveld distrik/KP 18 Jun 1769 trou NGK Stellenbosch/Drakenstein 6(17) Mei 1731 Erasmus SMIT(SCHMIDT)- a2 gebore c. 1727 Holstein, Duitsland, en arriveer as soldaat, later boukneg en burger van Drakenstein/Stellenbosch sterf Plaas "Wagendrift", Bo-Verlorevallei, Sandvelddistrik/KP 6 Mei 1787.
Genealogie oor Erasmus Smit(Schmidt) beskikbaar op internet en in die Argiefjaarboek S.A.
Geskiedenis van 1946 – Hoofstuk IV.
b3 Geertruy(Geertruyda) gedoop NGK Stellenbosch/Drakenstein 23 Des 1708 sterf moontlik Leningsplaas "Grooteiland, geleë aan de Goudini" of die plaas "Stellengrift" later (Simonsvlei)/KP c. 1761 (?) trou NGK Stellenbosch/Drakenstein 31 Okt 1728 Jan UILTJES VAN LAAR- a2 gebore c. 1705 Van Laar(Leer), Bremen Oos-Friesland(Duitsland) en arriveer ong. c. 1727 as skeepstimmerman tot 1732, later burger en timmerman in Stellenbosch/Drakenstein sterf Plaas "Stellengrift" later Simonsvlei voor 7 Jan 1755.
Geertruy trou tweede keer NGK Paarl 1 Feb 1756 Johann Heinrich(Hendrik) HAHN(HAAN, DE HAAN)- a1 van Idstein, Frankfurt-am-Mein, Duitsland hy was kneg op die plaas "Stellengrift"(Simonsvlei) sterf na c. 1770 in Duitsland. In Geertruy se twee testamente te Kaapstad argief word Heinrich se van in 1756 "Haan" gespel, en in 1761 "de Haan". Soos reeds genoem is dit nie vir my moontlik om self insae in hierdie testamente te kry nie. In die VASSA joernaal van 2 Desember 1999 kom inligting oor die eienaars van die plaas "Simonsvlei" voorheen "Stellengrift" voor. Wat betref Geertruy se sterfplek te "Grooteiland" kom in die Likwidasie rekening MOOC 8/8.1.1½ - 7 Jan 1755 van Johanna de Rijk die inligting voor dat die "weduwee" van Jan Uiltjes van Laar hierdie plaas koop op vendusie. Die plaas Simonsvlei het met die dood van haar seun Pieter in 1750 oorgegaan in die hande van sy eggenoot, maar Jan Uiltjes koop weer die plaas terug voor sy afsterwe in 1755, en volgens hierdie joernaal bly Geertruy en later Heinrich op hierdie plaas tot 1764 waarna hy die plaas verkoop aan Eduard Christiaan Hamman.
b4 Johannes gedoop NGK Stellenbosch/Drakenstein 16 Nov 1710 – Jonk oorlede.
b5 Catharina gedoop NGK Stellenbosch 7 Mei 1713 – Volgens my gesterf in die pokke epidemie van 1713.


Albert Gerritz van Emmenes in STAMOUERS.
Voorlopige navorsing oor hierdie familie verskyn onder die webwerf Google: Albert Gerritz van Emmenes – Homepage. Hierdie behels slegs DEEL I van die van Emmenes/Emmenes familie, ek is tans besig met DEEL II. Inligting is opspoor in bronne soos bv. Lombard & Heese, argiewe en internet. Dit sluit slegs die stamvader en sy kinders in. Probleem is egter dat dit nie moontlik is om self bronne in die Kaapse argief na te gaan nie.
Soos u sal sien was dit slegs die een seun van Albert Gerritz van Emmenes/Stamvader wat vir al die nageslagte in Suid-Afrika verantwoordelik is. Kinders b2-b5 se verdere inligting beskikbaar in DEEL II waarmee ek nog besig is. Verandering sal gemaak word in DEEL I, aangesien nuwe inligting van Gerrit- b1 se nageslagte beskikbaar geword het.


Saamgestel deur:
Phoebe N. van Emmenes