Surnames V to Z

Written by AM van Rensburg on . Posted in V - Z.

VAN WIELLIGH Nikolaas

Nikolaas van Wielligh hy het gekom van Hamburg, Duitsland. Hy kom aan by die Kaap in 1705 op die skip 'Kolbe'. Hy doen diens as 'n soldaat van 1705 tot 1708. Hy trou op 21 Augustus 1718 met Elisabeth van Wyk (daar is 'n aparte inskrywing vir haar).

Na Elizabeth van Wyk se dood het van Wielligh met Adriana van Dam getrou op 3 Mei 1722. Sy was die dogter van Abraham Pietersz van Dam en Catharina Smits.

Hy trou die derde maal 4 Maart 1725 met Maria Cleef gedoop 13 Maart 1702, dogter van Nikolaus Cleef en Barbara le Febre

KINDERS
b1 Margaretha gedoop 17 Jul 1706, X Christiaan Victor
b2 Matthys gedoop 6 Okt 1709, X 17 Maart 1737 met Alida Maria Schenk
b3 Nicolaas gedoop 25 Okt 1711, X 5 Jun 1757 met Anna Sara Grütter
b4 Jacobus gedoop 1 Apr 1714, burger Stellenbosch, X Johanna Victor
b5 Johanna gedoop 3 Mei 1716, X 13 Feb 1735 met Mattheus Willemse
b6 Hermanus gedoop 14 Aug 1718, X 20 Aug 1735 met Margaretha Kruger, XX 5 Sep 1756 met Martha Bartholda Verbeek
b7 Gesina gedoop 25 Apr 1723, X Jan Andries Horak
b8 Maria gedoop 28 Apr 1726, X Johannes Hoffman, XX 21 Des 1755 Johannes Verlee (van Rotterdam)
b9 Barbara gedoop 24 Okt 1734

Verwysings:
M Cairns "van Dam and Stokvliet" Familia

Saamgestel deur:
AM van Rensburg