Surnames N to Q

Written by Martina Louw on . Posted in N - Q.

PINARD Jacques

Jacques PINARD gebore 1665 was 'n Franse Hugenoot van Dreux en heelmoontlik 'n lidmaat van La Fontiane-sous-Prémont. In 1688 het Pienaar as timmerman na SA gekom, op die skip Voorschooten, saam met sy vrou Esther FOUCHE met wie hy op 10 Desember 1687 in die Waalsekerk in Delft getrou het. Sy was toe 21 jaar oud. Hy was gevestig op Lustigaan (1692), Klein Drakenstein. Hulle het twee kinders gehad voordat sy oorlede is in 1697. Hy is oorlede omstreeks 1713. Hy trou met sy tweede vrou Martha le FEBRE, dogter van Pierre le Fèbre, en Marie de Gravé. Sy was die eerste kind van Hugenote-ouers wat aan die Kaap gebore is. Martha was maar 14 jaar oud, toe hulle getrou het in 1698 en hulle het nog 6 kinders gehad:

1. Pierre (Pieter) ~ 14 Mei 1690 x Johanna Terrier, weduwee van Cordier
2. Jacques * 1692 x 21 Januarie 1714 Louise Cordier weduwee van Daniel Jacobs
3. Martha ~ 23 Augustus 1699, jonk oorlede
4. Marie-Madeleine 1701 x Antoine NORTJé
5. Abel 1703 x 11 Julie 1734 Anna SCHEEPERS
6. Esther gedoop 30 Oktober 1706 x Jacobus VAN DER MERWE
7. Jean (Jan) 1708 x 27 Maart 1740 Catharina BOTHA
8. Salomon 1710 x 1 September 1743 Sara OOSTHUIZEN

Aan die Kaap het hy die plaas Lustig Aan, langs Philippe Foucher se Wildenpaardenjacht, naby die Paarl, aangelê. Dié plaas word op 27 Augustus 1694 aan hom oorgedra. Die plaas Lustig Aan is in 1725 aan Louis le Riche verkoop. Hy het ook die plaas Hartebeeskraal in Klein Drakenstein gekry op 21 April 1711, die plaas het voorheen aan Matthys Michiel behoort.

Jacques Pinard is in 1712 oorlede en sy weduwee trou op 3 Desember 1713 met Estienne Terreblanque, 'n vlugteling wat etlike jare na die hoofgroep na die Kaap gekom het.

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
JG le Roux en WG le Roux Klein Drakenstein: Ons Drakensteinse Erfgrond
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek
J. G. le Roux, Hugenotebloed in ons Are
CJ Pienaar "Die Franse Herkoms van Jacques Pinard" Familia XXVIII 1991 no 4
GC de Wet Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz

AM van Rensburg