Surnames N to Q

Written by AM van Rensburg on . Posted in N - Q.

NEETHLING Christiaan Ludolph

Christiaan Ludolph NEETHLING ook genoem: Christiaan Ludolph Netheling gebore 21 Des 1717, Wildberg, Graafskap Ruppen, Brandenburg. Hy was die seun van Herman Neethling en Maria Roswach. Hy trou 23 Mei 1762, in Kaapstad met Maria Magdalena STORM sy was gebore op 6 Maart 1746. Sy was die dogter van Hendrik Pieter Storm van Leeuwarden, bevelvoerder van die Nederlandse troepe in die KAAP. Met haar geboorte het Christiaan Ludolph Neethling (toe reeds 28) besluit om te wag tot sy groot is en dan met haar te trou. Dit het dan ook 16 jaar later gebeur. 'n Speldekussing met haar troudatum in spelde geskryf is van haar trourok gemaak, en is in die Nasionale Kultuurhistoriese Opelugmuseum in Pretoria.

KINDERS:
b1 Hendrik Ludolph = Kaapstad 9 Oct 1763 + Stellenbosch 4 Feb 1822, assistant H.O.I.K. (Hollandse Oos Indiese Kompanie) x 30 Nov 1783 Johanna Jacoba WIUM = 5 Apr 1767 + 13 Oct 1836.
b2 Christina Magdalena * 9 Aug 1765 = 11 Aug 1765 + 26 Jan 1768 aan masels.
b3 Magdalena Jacoba * 19 Mar 1767 = 22 Mar 1767 + 26 Jan 1768 aan masels
b4 Christiaan Ludolph = 3 Nov 1768 + 10 May 1771
b5 Johannes Henoch = 2 Sep 1770 + 4 Jun 1838, doktorsgraad in die regte, Onderkoopman, adjunk-fiskaal, regsgeleerde, sekretaris van die Politieke Raad tydens Bataafse Republiek x 12 May 1793 Anna Catharina SMUTS = 30 Dec 1770 + c. 1850, kinderloos. Hulle het twee van sy oudste broer se kinders aangeneem nl. Hendrik Jacobus (c8) en Anna Catharina (c12)
b6 Marthinus Laurentius * 28 Nov 1773 = 31 Jan 1773 + “Welgegund”, Durbanville 2 Dec 1855 x 31 Oct 1790 Anna Tobia DE VILLIERS = 15 Nov 1772 xx 4 Mapr 1829 Francoise DUMINY = 17 Dec 1779 + 10 Sep 1850 wed. v. Charles Jan van Helsland
b7 Christiaan Ludolph * 4 Nov 1774 = 20 Nov 1774 + 12 Jun 1812, advokaat x 23 Nov 1794 Johanna Elisabeth DE VILLIERS + 16 Aug 1795, met geboorte van hul eersteling xx Kaapstad 6 Jul 1806 Anna Elisabeth BLISEFSKI * 1 Aug 1790 d.v. Anthonie Blisefski en Magdalena Catharina STAAKMAN.
b8 Maria Magdalena = 28 Jun 1777 + 25 Feb 1779
b9 Frederik Ryk Ludolph * 30 Sep 1780 = 1 Oct 1780, heemraad op Stellenbosch vanaf 1822 x Kaapstad 30 Nov 1801 Maria Johanna ACKERMAN = 13 Oct 1784 + 23 Sep 1811 xx 5 Sep 1812 Elisabeth Gertruida DE VILLIERS = 25 Mar 1781 + 24 Sep 1824 xxx 14 Jun 1825 Hester Anna VAN DER BIJL = 17 Jul 1785 + 23 Sep 1842 ed. V. Adriaan ROUX.
b10 Magdalena Maria * 20 Oct 1786 = 22 Oct 1786 x 8 Jan 1809 Petrus Michiel BRINK = 11 Feb 1787.

Christiaan Ludolph Neethling is gebore om 15h00, op 21 Des 1717, en is die tweede Sondag daarna deur Pastor Johannes Eustacius Plato in die Lutherse St. Nikolaikerk in Wilburg (Wildberg) gedoop. Hy besoek die Latynse skool in Ruppin en ontvang dus die hoogste opvoeding wat moontlik was. Hy was in 1735 (op 18-jarige ouderdom) skoolhoof van 'n skool in Pruisies Pommeren, maar word in 1736 sekretaris van die posmeester van die koninklike leër te Ruppen. In 1740 emigreer hy na Nederland. Sy plan was om uiteindelik na Italië te gaan, maar hy het daarteen besluit toe hy besef dat hy as Protestant nie daar gelukkig sou kon wees nie.

Hy tree toe in diens van die V.O.C., as onderkoopman, en vertrek op 27 Okt 1740 met die "Amsterdam" van Amsterdam na Oos-Indië. Arriveer aan die Kaap op 25 Jan 1741. Tot op daardie stadium was hy "gedurende de reis zwaar ziek en zwak geweest". Die ruwe lewenswyse van die matrose het hom ook ernstig gegrief en hy het net een begeerte gehad, nl. om van die skip af te kom. Kry toe 'n goedgunstige skeepsoffisier om hom medies ongeskik te verklaar om verder te reis, en word na 'n hospitaal in die Kaap geneem. Uit erkentlikheid aan die dokter, Jan van Schoor, gee hy later klavierlesse aan sy twee seuns. Hy word in 1742 na die Politieke Raad verplaas, na 'n paar weke tot assistent van die Sekretaris bevorder (salaris: aanvanklik £20, later £24). In Oktober 1748 word hy aangestel as boekhouer en eerste geswore klerk van Justisie. In 1753 word hy bevorder tot eerste klerk van die Secratarie van Polisie, met amp Sekretaris van Polisie vir Siviele- en Huweliksake. In 1756 word hy Sekretaris van die Raad van Justisie. Op 3 Junie 1788 word hy vir die pos van Sekretaris van die Politieke Raad (die hoogste betrekking in die staatsdiens van die ou Hollandse Kaap) aangewys. Dit is egter weens sy Lutherse geloof in Holland afgekeur.

Hy doen in die jaar 1749 by die Here 17 aansoek om sy van se spelling van Netheling na Neethling te verander, en verkry op 30 Sep 1749 goedkeuring vir hierdie versoek. Christiaan was 'n baie diep godsdienstige man, en het die gebruik gehad om by elke groot familiegeleentheid (huwelik, doopgeleenthede, sterftes) 'n gebed te skryf. So skryf hy op sy eie huweliksdag die volgende: "Uw hulp en bijstand, goede en genadige God wilt Gij mij niet onttrekken, laat dezelve mij vergezellen, geleid en voer mij langs den weg uwer Voorzienigheid tot mijn en der minmen eeuwig heil." Hy het ook baie vir die sending gedoen, veral onder die Hottentotte. Hy het die Kaap as sy enigste tuiste aanvaar, maar sy identiteit en kultuurerfenis as Duitser bly behou, en daarby sy kinders as Kapenaars opgevoed.

Hy het hom grootliks beywer vir die stigting van die eerste Lutherse gemeente. Sy laaste jare was waarskynlik in Stellenbosch, want hy kry in Oktober 1781 "seeker stukje lands tot een huijs en thuijn-erf, geleegen tusschen het nieuwe Kerkhof en het Molenwater en zoodanig gesitueerd dat zulks tot niemands prejuditie zoude komen te strekken." Hierdie twee erwe was langs die N.G. kerk in Drostdystraat. Hy het 'n huis daar gebou voor 1782, wat later deur Johan Wilhelm Herhold vergroot is tot 'n dubbelverdiepinghuis met slawekwartiere. Dit is vandag die Stellenbosch-museum. Christiaan sterf 27 Maart 1790, Kaapstad. Hy is saam met heelwat van sy kinders begrawe in grafkelder 13 in die kerkhof by die kerk op die Heerengracht.

Maria Magdalena Storm trou die tweede keer op 12 Sep 1790 met Nicolaas van Es. Maria sterwe 27 Aug 1804.

Bronne:
Danie Viljoen se Webblad: http://users.iafrica.com/d/da/danievil/kwartierstaat.htm
SAG vol 6, Neethling
E.M. Neethling : Die Neethlings in Suid Afrika

Saamgestel deur:
AM van Rensburg
Otto Diedericks