Surnames A to C

Written by Stamouers on . Posted in A - C.

BREDENKAMP Johannes Christoffel

Johann Christoffel BREIJDENKAMP is in 1739 in Herford Zolè, Pruise, in die provinsie van Sakse (Sascony) in die omgewing van Leipzig en Dresden gebore. Herford Zolè is op die grens van Tsjeggo-Slowakye, maar binne Oos-Duitsland geleë, gebore. Die mense wat hier gewoon het was meestal van eg-Duitse afkoms ("Teutonic Stock"), maar daar was ook "n kleinerige groep van Duits-Russiese afkoms. Hulle was Protestante en Johannes Christoffel Bredenkamp word dus in die Lutherse kerk gedoop. Hy verlaat Duitsland aan die einde van Pruise se Sewejarige-oorlog vanaf 1756-1763 en werk as soldaat van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. Breijdenkamp verskyn op die skeepsrolle as nommer 329.

Johannes Christoffel Bredenkamp vertrek op 3 Junie 1763 met die VOC-skip "Lekkerland" (Kamer van Amsterdam) na die Kaap van Goeie Hoop en sit op 23 Desember 1763 voet aan wal. As gevolg van ongesteldheid, ongeneentheid of afkerigheid vir die see, het hy besluit om liewer op land agter te bly. Dit het hom omtrent sewe maande geneemr om die seereis tot in die Kaap van Goeie Hoop af te lê. Dit is moontlik gedurende hierdie seereis dat hy uitgevind het dat hy, die seewater en "n boot nie goeie maats was nie. Hy verdien "n loon van 9 guilders(gulden) "n maand en kry "n " transport" ("n lening om sy toerusting te betaal) van 250 guilders(gulden). Hy moes dit met geld uit sy VOC verdienste terugbetaal.

Hy bly as soldaat aan die Kaap agter en in die jare 1764 tot 1778 verdien hy 108 guilders(gulden) per jaar. Op 8 Desember 1778 ontvang hy burgerskap en word as "n vryburger verklaar. Hy tree hierna as soldaat uit diens van die VOC en vestig hom in Roode Zandt, tans as Tulbagh bekend.

Intussen is hy op 8 Desember 1771 met Anna COETSEE (Couche) * 21 April 1753 en dogter van Cornelis Coetsee en Aletta Lubbe getroud. Aletta was die kleindogter van Dirk Coetsee, van Kampen in Nederland, en Sara Jacobz van der Schulp. Sy was ook die agterkleindogter van Gerard Coetsee, van Kampen in Nederland, en Magaretha Claasdocther.

Johannes Christoffel Bredenkamp is op 24 Desember 1810 oorlede en vermoedelik in die omgewing van Tulbagh begrawe. (a b1- a b12) 5 seuns en 7 dogters.

Johannes Christoffel Bredenkamp se nageslag het in getalsterkte "n hupstoot gekry met 12 kinders en vele kleinkinders, veral in die eerste twee geslagte na hom. Maar vandag is hulle steeds "n betreklike klein familie as gevolg van die baie dogters wat gebore is, en latere gesinne wat min of geen kinders gehad het nie.

Grondbesit in die Westelike Overberg:
Jan Christoffel - 1787 - Rhoodebloemskraal(Dayton)
C.C. - 20.4.1833 - T A v Rhoode Bloemskraal

Ons is tans besig om verdere inligting aangaande Bredenkamp in Duitsland na te vors, en volstaan dus by hierdie inligting wat reeds uit Duitsland verkry is.

Soos reeds hierbo genoem, is Johann Christoffel Breijdenkamp in die Lutherse kerk gedoop. In die jare 1700 tot 1800 in Duitsland is feitlik al die Bredenkamp-, Breitenkamp-, Breitenkampf-, Breedenkamp-, Breedekamp-, Bredenkamps-, Bredekamp- en Breitonkamp-kinders in die Luther Evangeliese Kerk in die omgewing van die volgende dorpies gebore:

Bergholz, Bunde, Blasheim, Badbergen, Bielefeld, Erfurt-Bezick, Gehlenbeck, Grothe, Herford, Huellposst, Klosterbauerschaft, Minden, Peiszen-Noord van Itzehoe, Rödinghausen, Vlotho.

Daar is selfs "n dorp in Duitsland met die naam Breitenkamp, maar ons kon tot dusver nog nie vasstel of daar enige verband tussen hierdie dorp en bogenoemde familie is nie. Die oorsprong van die Breitenkamp-van: dit is "n Duitse van, "n pleknaam en beteken letterlik "n breë veld, kamp of kampus.

Daar is ook "n plaas met die naam " Bredenkamp felt" in "n plattelandse dorpie Klosterbauerschaft, gemeente Stift Quernheim, "n deel van Kirchlengern naby Herford Zolé. Die plaas behoort aan die "Stift Quernheim" ("n tipe klooster)

Die seuns van die plaas wat aan die "Stift Quernheim" behoort het, het in die 1700"s by die Oos-Indiese Kompanjie aangesluit. Ons is tans besig om vas te stel of daar enige verband met die Bredenkamps in Suid-Afrika is.

Die vanne Bredenkamp, Bredekamp en Breedenkamp, en so ook verskeie ander verbuigings van die van, is definitief almal afstammelinge van Johannes Christoffel Bredenkamp, soos hy in latere jare in Suid-Afrika bekend gestaan het.

KINDERS:
b1 Aletta Henrietta BREDENKAMP * Kaapstad 7.8.1773 ~ Swellendam 28.2.1774 x Kaapstad 22.11.1789 Michiel Joseph ADENDORFF van Adendorff in Keulen, Duitsland, ~ 18.5.1752