Surnames A to C

Written by AM van Rensburg on . Posted in A - C.

BLEUMER Dietrich Jacob

Dietrich Jacob Bleumer land by die Kaap in 1768 as "n soldaat, hy was van Lengerich. Kort na sy aankoms word hy in 1769 tot korporaal en in 1770 tot sersant bevorder. Hy word "n burger in 1773. Hy trou 13 Junie 1773 met Elizabeth Grove, sy was die weduwee van Gerhard van der Byl.

Toe sy vrou nie op die plaas was nie het Bleumer "n lang verhouding gehad met die Khoikhoi Lys, en ook met die slawinne Clara en Eva. Lys het in 1776 "n kind van hom verwag.

Bleumer het vir "n lang tydperk "n geheime verhoudings met hierdie vrouens gehad. Hy het die volgende taktieke teen sy werkers gebruik om dit "n geheim te hou.

Eva was gedreig dat hy haar in kettings sou plaas, as sy nie met hom "n verhouding wou aanknoop nie.

Enige werkers wat hom verklik het hy gedreig dat hy die "Caffers" (konstabels) sal kry om hulle te gesel.

Een van die slavinne wat hom betrap het in "n intieme posisie met "n ander slavin, het hy gedreig om haar aan iemand oor die berg te verkoop.

Bleumer het ook vir Lys geslaan todat sy "n belofte gemaak dat sy se dat dit iemand anders se kind was. Hy wou dat sy moet se dat een van die seuns uit Elisabeth se eerste huwelik die vader was.

Bleumer het ook belonings aangebied:

Die salvin Philida sou haar vryheid kry indien sy aan hom sou vertel wie vir sy vrou vertel het.

Die slavin Clara het 4 skellings gekry van hom omdat sy met hom seksueel verkeer het.

Bleumer is betrap toe die slavin Philida vir ander burghers wat een aand op die plaas oorgeslaap het wakker gemaak het om vroeg na die slaapkamer te waar hulle hom betrap het. Een van hierdie mans was sy stiefseun Gerhard van der Byl

Bronne:
SAG Vol 1
HF Heese, Reg en Ongereg: Kaapse Regspraak in die agtiende eeu, p 45, 46

Bydrae:
AM van Rensburg

Navorsing: