|
Johan
WITTEBOL was van Amsterdam. Hy land aan die Kaap in
1669 op die skip Gecroonde Vrede. Hy werk aan die Kaap
as 'n landmeter.
Hy
het 'n verhouding met die slaafin Sara VAN SOLOOR.
'n Kind uit hierdie verhouding word gedoop met die naam Henrietta
(Henrittje) 29 Oktober 1673 (Henrietta trou twee keer: Johann
Claus Moller, en met WL Wiederholt).
Sara van Soloor trou later met Claas Gerritsz van Bengale.
Johan
Wittebol trou met Maria van RUIJVEN / REUVEN
van Delft 16 September 1674.
Hulle
het een kind:
Johan
Wittebol
dien op die Politieke Raad van 1678 totdat hy sterwe in 1681.
Hy was toe ook die president van die Weeskamer.
Daar
was twee ander Wittebolle aan die Kaap.
Bronne:
Willem Kempen se webblad http://www.kempen.id.au/main.htm
(Bevat inligting van Mansell Upham)
K Schoeman, Armosyn van die Kaap, p 656
|