Gerrit
WILLEMS het in 1690 na die Kaap gekom in die tyd toe Simon
van der Stel goewerneur was. Dit is 3-jaar na die aankoms
van die Franse Huggenote in 1688. In 1685 het die direkteure
van die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie, aan wie die Kaap
toe behoort het, besluit om hulle landbou produksie in die
Kaap te privatiseer en aan die vryburgers oor te laat. Ingevolge
hierdie besluit het hulle 'n gratis skeepsreis en 'n stuk
grond aan Europeërs toegeken wat na die Kaap wou immigreer.
Dit het die 260 Europeërs, wat Jan van Riebeeck in die Kaap
agter gelaat het en die 156 Huggenote wat in 1688 aangekom
het, se getalle vinnig laat vermeerder. Op daardie stadium
was die Huggenote en die Duitsers aan die Kaap meer as die
Hollanders, desnieteenstaande het goewerneur Simon van der
Stel Hollands as die amptelike taal behou. Hierdie Kapenaars
het hulle vir die eerste keer as Afrikaners begin beskou en
hulself onderskei van die Europeërs wat in diens van die Hollands
Oos-Indiese-Kompanjie was.
Gerrit
Willems was heel waarskynlik een van hierdie vroeë landbouers
wat ingevolge die gratis skeepsreis en stuk grond na Suid-Afrika
gekom het. (Grond wat hulle toegeken het was spesifiek in
die Stellenbosch omgewing.) Hierdie Vryburgers óf Afrikaners
óf Boere, soos hulle hulle reeds in Hollands self genoem het,
was gou ontevrede met die streng beheermaatreëls van die Kaapse
Regering m.b.t. hulle landbouproduksie en aktiwiteite. Reeds
hier het die Afrikaners se stryd om vryheid en selfbeskikking
begin. Gou het hulle, ondanks alle wette om hulle te verhinder,
begin om ooswaarts te trek en in regeringskringe as trekboere
bekend gestaan. Teen 1750 was daar reeds ongeveer 1000 van
hierdie trekboere in die distrikte Swellendam, Graaff-Reinet
en Uitenhage. Van hierdie trekboere in die distrikte Swellendam
en Graaff-Reinet skryf die Kaapse Regering aan die einde van
die 1700's die volgende:
'Die
boere in die grens distrikte het a.g.v. die afgesonderdheid
vanaf die Kaap en die eentonige lewe van veeboere, asook die
gebrek aan interaksie met beskaafde individue, afvallig begin
raak van die Kaapse Regering. Hulle het hulleself nie ondergeskik
aan die wette van die Kaapse Regering beskou nie en was oorgelaat
aan hulle eie inisiatief. Hulle het aangepas deur dinge in
hulle eie hande te neem. Hulle het hulle eie paaie en skole
gebou en hulle self beskerm teen aanvalle van die inboorlinge
wanneer die regering nie aan hulle probleme aandag kon gee
nie.'
Ons
stamvader was ene GERRIT WILLEMS, van Leeuwarden, in Friesland,
Noord-Nederland. Sy beroep word aangegee as Kalkbrander
en Veeboer. As jong man in sy 20tiger jare, verlaat hy
sy familie in Nederland en vertrek met 'n skip na die
suidpunt van Afrika. In 1690 arriveer hy aan die Kaap
en trou op 09 April 1691, in Kaapstad, met Maria CORNELISSE
(sy word Maria van Bengale genoem in die lys van vryburgers
van 1695). (Volgens inligting was Maria van Bengale 'n
slavin van Jan van Riebeeck.) Haar ouers word gegee in
(M Upham, "Claas van Malabar" in N Claassen,
& GH Claassen, Die Claas(s)en afstammelinge in Suid-Afrika,
Centurion, Outeurs, 2001) as Cornelis Claasen en Catharina
van Malabar. Look also under Niewoudt for Maria.
Gerrit
Willems gaan in 1716 'n tweede huwelik aan met Johanna
(genoem Anna) van WYK, sy was gedoop: 13
Junie 1688, dogter van Willem van Wyk en Catharina Hildebrandt.
GERRIT
WILLEMS IN STELLENBOSCH:
Die
eerste Vryswartes van Stellenbosch 1670-1720, deur Prof. J.L.
Hattingh
CJ
5 Oorspronklike regsrolle en notule, fol. 57. ,Landdros Stellenbosch
contra Isaac Pieters. 23 September 1713
'n
Ander vryswart, ISAAC PIETERSZ, was in 1713 aangekla van "diverse
quaataardigheeden en . . . het steelen van wijn". Dit is eintlik
eersgenoemde klag wat in die geval ons aandag verg.
Tydens
die hofsaak is daar ook heelwat gesinspeel op Isaac Pietersz
se opvoeding en karaktertrekke. So is daar genoem dat hy as
kind, "sijnde een swart jongh", deur die vrou van die burger
Matthjis Diedriks aangeneem, opgepas en opgevoed is. Vir nege
jaar sou sy probeer om hom goeie deugde aan te leer, maar
hy het hulle huishouding verlaat om te "vagebondeeren". Toe
reeds was hy, volgens Diedriks, ongehoorsaam en kon hy "met
reg 'n deugniet" genoem word.
Vir
'n tydlank het Isaac Pietersz sy intrek by GERRIT WILLEMSZ
van Leeuwarden geneem. Die laaste vier jaar daarvan, het laasgenoemde
getuig, het Isaac Pietersz hom in sy eie huis "aangesteld
als meester en voogt, 't geen . . . hem ondragelijk geweest
te zijn". Op 'n keer het Pietersz hom selfs aan die hare uit
sy eie huis gesleep en toe sy vrou oorgeneem, met wie hy in
elk geval "seer groote familiaritijt" gehad het. Uit hierdie
verhouding is toe "twee onegte Bruijne kinderen" gebore. As
gevolg van hierdie uitsmytery moes Gerrit Willemsz van Leeuwaarden
sedertdien rondswerf om sy lewensonderhoud by ander koloniste
te gaan soek.
Ook
Andries Voormeester, 'n man van hoë ouderdom, het verklaar
hoe Isaac Pietersz hom eenkeer gegryp en in die vuur gegooi
het, net omdat hy nie wyn aan hom wou gee nie. ... Dit
was eers nadat hy wyn by die landbouer Richardus Adolphus
probeer steel het, dat hulle hom onder die bed van die
vrou van Gerrit Willemsz van Leeuwaarden gevind het."
In
die daaropvolgende ondervraging deur landdros Nicolaas van
der Heuvel het Pietersz te kenne gegee dat hy reeds 29 jaar
oud was en dat hy as kind vrygestel is by die afsterwe van
Leendert van Gijselen. … Willemsz se vrou, by wie Isaac twee
"bruin" kinders gehad het, was dus nie ook swart nie.
KINDERS:
Uit
Gerrit se eerste huwelik met Maria Cornelisse word 10
kinders gebore en almal in Stellenbosch gedoop.
KINDERS
UIT HUWELIK:
b1
Rentien (doop 25 Januarie 1694)
b2
Arien (doop 20 Januarie 1696, te Stellenbosch)
b3
Antje (Anna in die Afrikaanse Geskiedenis boeke!), doop
22 Augustus 1700, te Stellenbosch - tweeling Inskrywing,
X 17 Jul 1718 Harmen Franke, XX 4 Mei 1720 Robbert Robberts
Brand, XXX 3 Mei 1739 Ernest Wepener
b4
Maria doop 22 Augustus 1700, te Stellenbosch - tweeling,
X Elias Goosen
b5
Andries, doop 12 Augustus 1703, te Stellenbosch
b6
Willem doop 16 Januarie 1707, jonk oorlede
b7
Willem, doop 10 November 1709, te Stellenbosch
b8
Mattheus (of Matthus), doop 14 Junie 1711, te Stellenbosch,
X 13 Feb 1735 Johanna van Wielligh
b9
Geertruy, doop 25 November 1712, te Stellenbosch, X Jacobus
de Jager
b10
Luitje, X 01 Sep 1715 met Pieter Kemp, XX Jan Dirk Jansen
Op
14 Junie 1711, doop hulle hul seun MATTHEUS WILLEMSE.
(Mattheus het sy oorsprong in Hebreeus beteken 'geskenk
van God')
Mattheus
Willemse trou op 13 Februarie 1735, met JOHANNA VAN WIELLIGH,
gedoop 03 Mei 1716, dogter van Nicolaus von Wielligh en Elisabeth
van Wyk. Nicolaus von Wielligh is afkomstig van Hamburg in
Duitsland, het as soldaat na Suid-Afrika gekom en later 'n
burger geword. Sy dogter Johanna was die vyfde kind van nege.
Mattheus
was 24- en Johanna 19-jaar oud toe hulle in 1735 in Stellenbosch
getroud is. Hulle moes nog in die Kaapstad/Stellenbosch omgewing
gewoon het, want in daardie stadium was dit die enigste twee
dorpe wat bestaan het. Uit hierdie huwelik word 14 kinders
gebore, waaronder 6 seuns, waaruit die grootste Willemse-nageslag
in Suid-Afrika van vandag gebore word.
KINDERS
UIT HUWELIK MET JOHANNA VAN WYK
b11 Susanna X 01 Okt 1741 met Johann Dietrich Burg
Aangehaal
uit "Slaves and Free Blacks at the Cape 1658-1700" (A.J.
Böeseken) (bl. 20)
Another
case which came before the Council of Justice was that
in which the slave Mary from Bengal was involved. She
belonged to Jan van Riebeeck and, like many of the other
slaves, she lived in the Fort. All the members of the
settlement at the Cape lived in the Fort with the exception
of the chief gardener and his slaves. Van Riebeeck must
have noticed that Willem Cornelis, a constable whose room
was near the magazine where the gunpowder was stored,
was often seen in the company of Mary, for on Sunday night,
the 22nd of August 1660 van Riebeeck, and three witnesses,
surprised Mary and Willem Cornelis in each other's arms
between 10 and 11 at night. The next day the witnesses,
the surveyor Pieter Potter, the sergeant, Jan Danckaert,
and a mason, Francois de Coninck, testified before the
members of the Council that they had found Mary and Willem
Cornelis in bed together and that van Riebeeck had sent
the slave back to her room and had taken Willem Cornelis
into custody and was now lodging this complaint against
him. As Cornelis had broken the rules of the artikelbrief
and transgressed the Statutes of India, the fiscal demanded
a fine of 100 reals and imposed a sentence of 50 years
"ad opus publicum". This sentence was commuted to a fine
of 50 reals and dismissal from his post as constable.
Charlie
Els maak die volgende opmerkings met betrekking tot hierdie
laaste paragraaf:
Is die Maria van Bengale met wie Willem Cornelis die verhouding
gehad het in 1660, ooit dieselfde persoon as die
Maria met wie stamvader Gerrit Willemse later getroud
was? Ek het dit dat Gerrit se vrou Maria (Magteld) Cornelisse
van Bengale gedoop was op 23 Oktober 1678. Sy kon skaars
18 jaar voor haar doop 'n verhouding met 'n man gehad
het. Iets lyk fout hier.
Bronne:
A.J.
Boëseken, Slaves and Free Blacks at the Cape
J.L.
Hattingh, Die eerste Vryswartes van Stellenbosch 1670-1720,
M
Upham, "Claas van Malabar" in N Claassen, &
GH Claassen, Die Claas(s)en afstammelinge in Suid-Afrika,
Centurion, Outeurs, 2001.
Navorsing
te danke aan:
Sylke Willemse sylke2oz@bigpond.com
Bydrae
te danke aan:
AM van Rensburg
Charlie Els