Joachim Ernst WEPENER het gekom van Anklam in Pommere
(Duitsland). Kom in 1730 hier aan. Hy was eers 'n groot
wildsjagter van 1730 - 1735. Hy het 'n lisensie gehad
vir wyn en brandewyn in Rondebosch tot 1746. Hy het die
plaas Molenvliet aan die Liesbeek (Mowbray) besit.
In 1743 was hy een van die ondertekenaars van ‘n petisie
van die Lutherse gemeente.
Hy
trou die 3 Mei 1739 met Anna WILLEMSE, gedoop 22.8.1700,
sy was die dogter van Gerrit Willemsen en Maria van Cornelisse
(dogter van Cornelis Claasen en Catrijn van Malabar).
Sy was voorheen getroud met Harmen Franke en ook met Robbert
Robberts Brand.
KINDERS
Anna Susanna 21 Nov 1734, X Johann Wilhelm Wilken
Ernst Frederik 10 Mei 1739, X 1.5.1763 met Aletta Catharina
FERREYN.
Anna
het gesterwe in 1754. Na haar dood het Joachim Wepener 8 buitegtelike
kinders gehad met sy slavin Regina VAN DE KAAP:
Johan
Martha, X Christiaan Gottlieb John
Christiaan
Francina
Jacob
Louisa, X Johann Conrad Beeme
Pieter, X 30 Des 1798 Cecilia Wilhelmina Jacobs
Jacoba, X Georg Heinrich Behr
Wepener
het in sy Testament opgeskrywe dat Regina en die kinders moes
na sy dood vrygelaat word.
Regina
en die kinders Johan, Martha, Francina was saam gedoop 2 Junie
1776 (onder bejaarde gedooptes). Die ander kinders Christiaan,
Jacob, Pieter, Louisa en Jacoba was gedoop 9 Junie 1776.
Wepener
sterwe die 3 Januarie 1775.
Bronne:
J Hoge, Personalia of the Germans at the Cape
M Upham, "Claas van Malabar" in N Claassen,
& GH Claassen, Die Claas(s)en afstammelinge in
Suid-Afrika, Centurion, Outeurs, 2001.
C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)
J.H Redelinghuys “Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK &
PERSONALIA” (1955)
Saamgestel
deur:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com
AM van Rensburg